Weg! Ry & Sleep

IETS ANDERS

Sy pasgemaakt­e Ford F-250 en Honda S2000-versnelmot­or maak al klaar van Fred Hardy van Benoni ’n bekende gesig onder plaaslike entoesiast­e van doelgemaak­te motors. Maar dié slag het hy iets werklik spesiaals aangedurf.

-

Ek ry al langer as drie dekades met motorfiets­e, en 25 van daardie jare kon jy my op Honda se luukse Gold Wing-modelle vind. Ek ontwerp en bou ook driewiel motorfiets­e wat di eG o l d Win gas basis gebruik. My kreatiewe kant het egter begin jeuk en ek moes iets baie uitdagends aandurf om daardie jeukplek te krap.

Ek het op die internet ’n foto gesien van ’n pasgemaakt­e driewiel wat in Australië gebou is, en besluit ek gaan hom sover moontlik probeer naboots. Ek het in Januarie verlede jaar met die projek begin en die hulpbronne van my ondernemin­g in Kempton Park, EM Truck Bodies, gebruik.

Ek wou hê die driewiel moes ’n wa kon sleep. Die 2017-model Sherpa Rambler weeg omtrent 900kg en daarom het ek hoofsaakli­k staal gebruik om die driewiel te bou. Teen 1 285 kg voldoen hy aan die wetlike vereistes vir ’n sleepvoert­uig.

Die 4.0-V8-enjin en vyfspoed- outomaties­e ratkas het ek in ’n E34-reeks BMW 540i gekry. Ek wou ’n bietjie meer woema hê en het vir hom pasgemaakt­e dubbel- turboaanja­ers aangebring. Die enjin lewer nou 320kW krag en 508Nm wringkrag met 0,5 bar druk in die spruitstuk. Dit het my net 14 maande gevat om die driewiel, wat ek ‘Viper Trike’ gedoop het, te bou.

Jy moet egter senuwees van staal hê om veilig te bly op dié meneer. Om die hele ervaring effens meer gematig en gesond van gees te hou ry ek eerder met ’n laer druk van 0,2 bar in die spruitstuk, wat vir 180 kW en 310 Nm sorg. Dit is meer as genoeg. Die voorwiel lig heeltemal te maklik as ek die voldruk-verstellin­g gebruik. Die driewiel se brandstoft­enk kan 60ℓ sluk en dis genoeg om 400km te ry.

Omdat hy so groot is en die gemaklike BMW-vering het, is hy eintlik heel gemaklik op die ooppad. Ek ry sonder moeite teen 120 km/en voel skaars die Sherpa, wat ek met ’n standaard-BMW-sleepstang sleep.

’n Groot deel van die pret is die feit dat daar op die driewiel plek is vir passasiers. Drie mense kan agter die bestuurder inpas. Hulle sit elkeen op ’n sitplek van egte leer en ek het vir hulle ’n klankstels­el met ses luidspreke­rs ingebou. Dié vermaak is eintlik onnodig, want die manier wat dié perd kan versnel, behoort eintlik genoeg vermaak te wees vir enigiemand.

In die klompie maande dat ek nou al met die driewiel rondry, het hy al twee toekenning­s verower. Hy was die publiek se keuse by die Oos-Randse Motorskou, en by die 1000 Motorfiets­skou in Germiston het hy die prys gewen vir die beste driewiel.

Ek het hom egter nie gebou net om met hom te skou nie. Ek het ook al in Hammanskra­al met dié sleepkombi­nasie gaan kamp. Die Sherpa is ’n wonderlike waentjie. Hy spog met ’n dubbelbed, yskas, buitekombu­is, heelwat pakplek en selfs sy eie badkamer.

Het jy iewers in jou omswerwing­e ‘n seldsame sleepsel of ryding gesien? Vertel ons daarvan en stuur vir ons ’n foto na rysleep@weg.co.za.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa