Weg! Ry & Sleep

ROETES WAT ROEP

- Teks en foto’s Evan Naudé

Die Knysnawoud is grotendeel­s ’n bewarea wat ’n mens gewoonlik net te voet kan verken. Maar as jy nie lus is om vir dae aaneen blikkies boeliebief en twee minuut noedels in ’n rugsak saam te piekel nie, kan jy nou een van drie ekslusiewe 4x4-roetes in die gebied aandurf.

Die woude van die Tuinroete- nasionale park is nie net van die oudste en mooiste parke in die land nie, maar ook ryk aan legendes, mites en verhale van bosbouers en mynwerkers wat toentertyd in ’n stryd met olifante gewikkel was om oorlewing. Vandag is die woude ’n beskermde gebied en een van die gewildste vakansie bestemming sin di eland, maar bitter min daarvan kan jy in ’n 4x4 verken.

Gelukkigst­e l Wilderniss­e Ere veldwagter­s vereniging een keer per jaar – in Oktober – drie eksklusiew­e 4x4-roetes vir die publiek oop vir ’n 4x4-gesinsdag. Die saamtrek word oor twee dae gehou, vanjaar die naweek van 6 en 7 Oktober, en jy kan een roete per dag voltooi. Die wegspringp­unt is die Wildernis Commonpark in Watersides­traat waar ’n 4x4-ekspo dieselfde naweek te sien sal wees. Jy ontmoet jou gids hier, en as julle klaar gery het, is daar ’n gelukstrek­king met pryse soos koopbewyse, kamp- en 4x4-toerusting en verblyf in Sanparke se oorde wat op die spel is. >

Die Windmeulne­kroete neem jou verby Hoekwil, die Woodville-grootboom en oor drie van die passe op die Sewepassep­ad – Hoogtekraa­l, Karatara en Homtini. Meer as 70 jaar lank, totdat die N2 in 1952 gebou is, was hierdie die hoofpad tussen George en Knysna.

Van hier af klim die roete berg-op verby die bosboustas­ie Karatara tot by Corneliusk­op, ’n hoë uitkykpunt met lieflike uitsigte oor die Outeniqua-, Kammanassi­e- en die Swartberg in die noorde en Sedgefield in die suide.

Van Corneliusk­op af loop die roete verder noordwaart­s tot by Windmeulne­k, een van die stappershu­tte op die Outeniqua-staproete. Hier kry jy kans om bene te rek voor die roete jou met ’n suidoostel­ike draai verby die Platboshut lei en uiteindeli­k weer by die Sewepassep­ad aansluit en jou terug Wildernis toe vat.

Die Jubilee Creek-roete begin ook met die Sewepassep­ad verby Hoekwil en die Woordville-grootboom tot op Karatara, maar hou oos verby die bosboustas­ie en oor die Homtiniriv­ier tot op Rheenendal. Hier draai jy noord na Diepwalle, een van die pragtigste dele van die Knysnawoud. Die roete loop verby die Dalene Matthee-gedenkstee­n, en dis die moeite werd om vir ’n oomblik hier stil te hou en die omgewing te waardeer waarin haar bekende boeke afspeel. Voor jou geestesoog maak jy vir Oupoot, die olifant, tussen die bome uit, en diep in die woud, verbeel jy jou, hoor jy Saul Barnard se byl kap.

Die roete maak uiteindeli­k ook ’n draai

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa