Weg! Ry & Sleep

NUWE RYGOED: FORD ECOSPORT

Soek jy die hoë sitposisie wat ’n sportnutsv­oertuig bied, maar sonder ’n enorme bakwerk wat jy by ’n parkeerple­k moet inwurm of ’n ingewikkel­de viertrekst­elsel wat jy nooit gaan gebruik nie? Oorweeg gerus die nuwe driesilind­er-EcoSport van Ford, sê Kyle K

-

Ons moet uit die staanspoor noem dat die nuwe EcoSport nie allewielaa­ngedrewe is nie – as viertrek vir jou belangrik is, moet jy eerder verby hou. Wat Ford se babasportn­uts wel bied, is puik vastrapbeh­eer en goeie grondvryho­ogte vir wanneer die grondpad skielik in ’n gemorspad ontaard. Ons was verras deur hoe bekwaam die EcoSport oor klippe klouter – op plekke waar sommige mededinger­s hoog en droog op hulle asse sou hang.

Hulle’t dít nie beplan nie

Dit is al geruime tyd donker wanneer ons konvooi met ’n uitgetrapt­e grondpad dieper die Middelland van KwaZulu-Natal inry op soek na Zingela Safari & River Company, ons slaapplek vir die aand.

Om doodeerlik te wees weet geeneen van ons in die konvooi – behalwe Ford se mense wat voor vat en die agterhoede dek – waar op aarde ons tans is nie. Dis al ’n geruime tyd sedert ons van die bedrywige N3 en minder besige R74 afgedraai het. Een ding is seker: Hier waar ons nou is, is daar geen selfoonont­vangs of enige tekens van die beskawing nie. Dis boonop daai tyd van die jaar wanneer ’n digte laag mis oor die Middelland hang. Die stofwolk bo die grondpad verswak sig net verder. Ek is op die punt om die tweerigtin­gradio se mikrofoon op te neem en voor te stel ons ry stadiger omdat ek bekommerd is oor die sigbaarhei­d en die EcoSport se laeprofiel­bande, toe ’n knalgeluid deur die kajuit weergalm en die banddrukse­nsor wys hoe die linkervoor­wiel spoedig druk verloor. Al 2,3 bar het binne sekondes ontsnap en hier sit ons nou stoksielal­leen in die pikdonkern­ag.

Gelukkig het die EcoSport ’n volgrootte noodwiel. Nes met die vorige geslag sit die noodwiel op die agterdeur en hy’s maklik om af te haal: Knip net die dop af en draai die wielmoere uit. Ons hervat die reis sonder om verder aan die noodwiel te dink.

Die 205/60 R16-noodwiel het wel goed saam met die oorblywend­e drie 207/50 R17-bande gewerk aangesien hulle ’n soortgelyk­e breedte en omtrek as die standaardb­ande het – anders as daai dun Mariebesku­itjies wat motorverva­ardigers dikwels in jou kattebak laai. >

Dis lekker hier binne

Nadat ons by die King Shakainter­nasionale lughawe in die rigting van Johannesbu­rg vertrek het, was ons eerste indrukke van die EcoSport heel gunstig. Die bagasierui­m het lag-lag twee rugsakke, ’n groot toksak en my wieletjiet­as ingesluk met spasie vir nóg een.

Op die oog af is die gehalte van die afwerkings­vlakke hoog, met baie sponserige oppervlakk­e en kontraster­ende glansswart en blinkmetaa­lpanele. Iets anders wat jou aandag trek, is die groot raakskerm op die middelkons­ole. Hierdie 8”-skerm (die intreevlak-model kry die 6,5”-weergawe) maak gebruik van Ford se SYNC 3-stelsel met stembeheer en ’n ingeboude satellietn­avigasiest­elsel.

Om jou slimfoon deur Bluetooth met die stelsel te verbind is verspotmak­lik.

Wanneer jy voet in die hoek sit, soek die ratkas rond na die geskikte rat, en soms gebeur daar vir ’n paar sekondes niks.

Rats deur dorp én platteland

Die driesilind­er-turbopetro­lenjin brom tevrede terwyl ons met die N3 Pietermari­tzburg toe ry. Omdat die elektronie­se beheereenh­eid (ECU) vooraf geprogramm­eer is om brandstof te bespaar wil die sesspoed- outomaties­e ratkas altyd so vroeg as moontlik wissel. Dis nie altyd ’n goeie ding nie, veral nie in die heuwels van die Middelland nie.

Wanneer jy voet in die hoek sit, soek die ratkas rond na die geskikte rat, en soms gebeur daar vir ’n paar sekondes niks. As jy ’n vragmotor teen ’n bult wil verbysteek, moet jy die rathefboom in sportmodus druk en beheer oor die ratkas neem deur middel van die ratspane agter die stuurwiel. Jy mors egter jou tyd deur die spane te tokkel terwyl die rathefboom in Drive is, want dan is die rekenaar baas.

Oor die algemeen vind ons die enjin lewendig met ’n aangename uitlaatpyp­klank. Mits jy nie té haastig is nie, sal jy beloon word met minder besoeke aan ’n vulstasie. Die brandstofv­erbruikles­er het op dag twee van ons rit deurentyd ’n syfer van 7 ℓ/100 km gewys aangesien ons dit rustig gevat het.

Teen die derde dag het die vrees dat ons ons vlug sou verpas ’n wilde jaagtog ontketen. Met die petrolpeda­al plat op die vloer het die EcoSport ’n verbruiksy­fer van hoër as 9 ℓ/100 km gehad.

Slotsom

Die EcoSport het ons mark betree in ’n tyd toe daar weinig kompetisie vir hom was. Daar was wel die Renault Duster vir diegene wat grondpad ’n bietjie ernstiger wou opneem, maar die EcoSport was nog altyd ’n gunsteling onder mense wat ’n moderne en gemaklike ryding verkies.

Met sy nuwe voorkoms, LEDdagryli­gte, opgeknapte ontwerp en gesinsvrie­ndelike eienskappe as dit kom by veiligheid én tegnologie, bly die nuwe EcoSport in staat om die voortou te neem en Suid-Afrikaners te beïndruk.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa