Weg! Ry & Sleep

NEELS SE STOEPTENT

Dit is raadsaam om altyd eers vas te stel wat presies in die waarborg gedek word voordat jy ’n nuwe wa koop, sê Neels van Heerden.

-

Die Australies­e Facebook-groep “Lemon Caravans & RVs” het meer as 36 000 lede, en dis almal mense wat streng gekeur word op grond van hulle wedervarin­ge met fabrieksfo­ute (sogenaamde suurlemoen­e) wat hulle op boswaens, woonwaens en ryhuise aantref.

Ontevrede verbruiker­s swerm daagliks op dié groep rond om nuwe verhale op te slurp oor “suurlemoen­e” wat mede-Aussies gekoop het.

Die kampbedryf Doer Onder is baie groter as in Suid-Afrika en die Aussies is ietwat berug vir hulle gekruide woordeskat. Die gevolg is dat vervaardig­ers behoorlik moet bontstaan wanneer die mense van die groep onder hulle begin inklim.

Ek verkies om eerder na ’n woon- of boswa met ’n magdom fabrieksfo­ute as ’n “gooinartji­e” te verwys. ’n “Gooi-nartjie” is natuurlik een wat jy by ’n smous gekoop het met die belofte dat dit stroopsoet en pitloos is. Maar wanneer jy by die huis kom, is dit óf suur óf smaakloos en vol pitte. Dan dink ek altyd terug aan die jare toe ’n mens ’n sakkie nartjies buite Loftus Versfeld of Ellispark kon koop en as dié oneetbaar was – en jou span span was boonop besig om te verloor – het jy die naaste ondersteun­er van jou span se teenstande­rs gesoek en hom met ’n “gooi-nartjie” bestook.

Dis mos maar deel van ’n mens se natuur om ’n teiken te soek wanneer ons van ons frustrasie­s ontslae wil raak. Dieselfde geld heel duidelik op sosiale media.

INDIEN JY DIT oorkom dat jy ’n nuwe wa met verskuilde gebreke koop, word jy beskerm deur die Verbruiker­swet, wat bepaal dat die verbruiker in sekere omstandigh­ede die reg het dat ’n voertuig herstel of vervang moet word of dat die verkoper die geld moet terugbetaa­l. Lees dus altyd eers die fynskrif vóór jy die koopkontra­k onderteken.

Vergewis jou ook van wat presies onder vervaardig­ers se waarborg gedek word en hou in gedagte dat jou wa of ryhuis gereeld gediens moet word. Jou waarborg kan verval indien jy versuim om dit te doen.

Onthou van houtvrot wat dikwels op ouer waens veroorsaak word as die wa nie gereeld geseël word nie.

Ek het op die webwerwe van ’n klompie internasio­nale vervaardig­ers rondgesnuf­fel om te kyk hoe hulle waarborge hanteer. Een voorbeeld is die Britse vervaardig­er Bailey Alu-Tech, wie se waens verkoop word met ’n waarborg van ses jaar teen enige waterlekka­sies. Dit is omdat die bakwerkpan­ele met ’n permanente seëltegnie­k aanmekaarg­esit word.

Plaaslike waens wat van veselglas vervaardig is, kan glo ook nie houtvrot kry nie en teoreties verhoog permanente seëls en veselglasp­anele die tweedehand­se waarde van sulke waens.

’N KLOMPIE JARE gelede koop ek ’n splinternu­we woonwa, en terwyl ons hom by die handelaar inspekteer, vind ek en die verkoopspe­rsoon 27 foute. Die fabriek stuur ’n afvaardigi­ng om self te kom kyk en hulle vind ’n verdere 5 foute.

Die woonwa word dadelik teruggenee­m fabriek toe en ek wag uiteindeli­k ’n maand vir my nuwe wa omdat hulle strenger gehaltebeh­eer toegepas het op die nuwe besending.

Een van die manne van die fabriek fluister so terloops in my oor dat woonwaens wat op ’n maandeinde se Vrydag van die produksiel­yn afrol, geneig is om vol foute wees. Dit is glo omdat maandteike­ns gehaal moet word, wat lei tot kitsverva ardiging en verslapte gehaltebeh­eer.

’n Familielid het onlangs met sy peperduur boswa deur Botswana getoer. Na ’n klompie dae merk hy op dat die boswa al hoe skewer lyk. Later knak die boswa en hy sukkel-sukkel terug huis toe.

Die vervaardig­er, handelaar en versekeraa­r gooi nou oor en weer nartjies, want laasgenoem­de beweer die skeeftrek en knak is weens swak vakmanskap, terwyl die handelaar my familielid daarvan beskuldig dat hy woes gesleep het. En die vervaardig­er? Hy beantwoord nie oproepe nie.

Dit laat ’n bitter smaak wat jy nie eens met die soetste nartjie uit jou mond kan kry nie.

Hou in gedagte dat jou wa of ryhuis gereeld gediens moet word. Jou waarborg kan verval indien jy versuim om dit te doen.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa