Weg! Ry & Sleep

MIC SE RUBRIEK

Bykans elke modifikasi­e om ons 4x4-voertuie meer veldwaardi­g te maak behels een of ander kompromie, sê Mic van Zyl.

- Mic van Zyl is direkteur van Ironman 4x4 Africa, die eksklusiew­e invoerder en verspreide­r van die volledige reeks Ironman 4x4-produkte. ironman 4x4.co.za

Die interessan­te aspek van my werk as verteenwoo­rdiger van ’n groot 4x4-handelsnaa­m is hoe gereeld daar die een oomblik reuse-belangstel­ling in ’n spesifieke produk is, voor dit stil raak en ’n ander produk skielik in die kollig is. Ek is oortuig dit is deels toe te skryf aan sosiale media en die gesonde belangstel­ling wat veldryge esdriftige­s in hulle stokperdji­e het.

Ons het onlangs ’n vlaag van navrae oor treeplanke en glystawe gehad, en ná my gesprekke met heelwat geesdrifti­ges het ek besef daar bestaan ’n wanindruk oor dié toerusting. Daar is boonop ’n kommerwekk­ende tekort aan kennis en begrip oor sylugsakke en hoe namarkse treeplanke of glystawe die werking van dié kritieke veiligheid­smaatreël beïnvloed.

EERSTENS IS DAAR ’n fundamente­le verskil tussen die oorspronkl­ike aluminium- en plastiekt reeplanke op ’n nuwe voertuig en die stewiger namarkse treeplanke en glystawe wat van staal gemaak word. Die oorspronkl­ike treeplanke is gewoonlik liggewig en hulle lyk baie mooi omdat hulle ontwerp is om by die voertuig in te pas. Hulle word ook aan die bakwerk van die motor vasgesit en nié aan die onderstel nie.

Die primêre doel daarvan is om jou te help met die in- en uitklimsla­g. Tweedens bied dit ook ’n bietjie beskerming aan die kant van die voertuig, in besonder teen los klippe en gruis wat deur die wiele opgeskiet word. Hulle is egter nie veel werd wanneer jou voertuig die grond met ’n slag tref terwyl jy in die veld ry nie. Hulle buig en knak sommer die eerste keer dat hulle ’n ordentlike rots sien.

Dis hier waar namarkse treeplanke en glystawe van staal ter sprake kom. Hulle word ontwerp met swaardien somstandig­hede in gedagte en die vervaardig­ing en materiaal verskil hemelsbree­d van die oorspronkl­ike treeplanke. Hulle word met swaardiens­p asstukke aan die voertuig se onderstel vasgebout.

Met ’n glystaaf wat ordentlik ontwerp en vervaardig is, kan jy inderdaad met jou voertuig se volle gewig oor rotse gly sonder enige skade. Natuurlik is hulle nie so sag op die oog soos die oorspronkl­ike treeplanke nie, maar vir die ernstige veldryer is dit ’n amper verpligte stuk toerusting omdat dit soveel beskerming bied.

HOE RAAK DIT dus jou sylugsakke? Die sensors wat die aktivering van dié lugsakke beheer, is soortgelyk aan die sensors in die motor se neus in die geval van ’n botsing van voor. Hulle meet swaartekra­g en aktiveer die lugsakke daarvolgen­s. Die oorspronkl­ike treeplanke is ontwerp om nie enige invloed op die werking van dié lugsakke te hê nie. Maar wanneer jy ’n stel sterk en stewige glystawe aan jou voertuig se onderstel aan- bring, is dit natuurlik te wagte dat dit die dinamika van ’n syimpak gaan verander.

Ons het dit getoets en gevind die sylugsakke ontplooi ieder geval, ongeag of die voertuig toegerus is met namarkse glystawe. Wat wel ’n probleem is, is die moontlikhe­id dat lugsakke voortydig – of selfs onnodig – kan ontplooi wanneer jy in die veld speel en ’n rots effens te hard met jou glystaaf kennis maak. Dit het al met my gebeur.

’n Goeie kompromie is staaltreep­lanke wat versoenbaa­r is met jou voertuig sylugsakke. Dis ’n produk wat trefslae teen rotse beter kan weerstaan as die oorspronkl­ike aluminiump­roduk, maar nie in dieselfde mate as glystawe nie. Hulle word ook aan die voertuig se onderstel vasgebout, maar met spesiaalo ntwerpte passtukke wat nie die korrekte parameters van die lugsakstel­sel raak nie.

Bykans elke modifikasi­e om ons 4x4-voertuie veldwaardi­ger te maak behels een of ander kompromie, dís nou maar wors. Maar dié kompromie mag nooit jou veiligheid óf dié van jou gesin, jou voertuig of ander padgebruik­ers in gevaar stel nie.

Wanneer jy ’n stel sterk en stewige glystawe aan jou voertuig se onderstel aanbring, is dit natuurlik te wagte dat dit die dinamika van ’n syimpak gaan verander.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa