Weg! Ry & Sleep

Wat jy moet weet

-

4x4, laestrek, ewenaarslo­t? Jy sal regkom in enige 4x4-bakkie of sagte veldryer wat lekker hoog bo die grond staan. Laestrek en ’n ewenaarslo­t is nie nodig nie.

Maksimum aantal voertuie 6 vir Windmeulne­k, 15 vir die Voortrekke­rroete en 20 vir Jubilee Creek.

Kry ek ’n kaart? Ja.

Sal my voertuig krap? Nee, die roete is mooi oop.

Moet ek ’n kompressor saamneem? Dit is nie nodig nie.

Kan ons langs die pad braai? Beslis nie; dis ’n bewarea en jy mag ook nie op die roete rook nie.

Kan ek halfpad omdraai? Ja.

Sal ek wild sien? Wees op die uitkyk vir bosbokke, blouape, ystervarke en luiperds. Dis in dié gebiede waar tekens van Knysna-olifante gevind is – dalk kry jy een te sien!

Is daar selfoonsei­n? Hier en daar langs die pad.

RONDOM DIE ROETE

Beste tyd om te gaan? Jy kan dié roetes net een keer per jaar ry – vanjaar se datum is 6 en 7 Oktober.

Kan ek my gesin saamneem? Ja, maar honde word nie toegelaat nie.

Net vir die dag of die naweek? Die roetes neem tussen 4½ en 6 uur elk. Sit dus ’n naweek opsy as jy van ver buite Wildernis af moet reis.

Is daar ablusies? Toilette is by sekere stilhouple­kke op die roete beskikbaar.

Aanwysings Almal wat aan die 4x4-dag deelneem, kom by die Wildernism­eent bymekaar en vertrek tussen 8.30 vm. en 9.30 vm. in konvooi daarvandaa­n.

GPS S33.993109 E22.578004

Wat kos dit? R500 per voertuig per roete (Sanparke-bewaringst­arief en verblyf is nie by die prys ingesluit nie).

Kontak 082 550 2075 (Derek Oldfield)

oldfield@mighty.co.za

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa