Weg! Ry & Sleep

Herstel hom só

-

As ’n spyker of iets in dier voege deur die loopvlak van jou buiteband steek, is dit taamlik maklik om te herstel. Stap een: Trek die spyker uit met ’n tang.

Sommige bandherste­lstelletji­es het ’n blikkie smeermidde­l wat dit makliker maak om die rasper in die gat te druk, maar dis nie werklik nodig nie.

Steek die rasper teen dieselfde hoek in as wat jy die spyker uitgetrek het. Jy hoef nie die wiel af te haal as jy maklike toegang tot die gat het nie.

Skaaf die gat effens groter en ronder met die rasper. Moenie wild tekere gaan nie, want jy kan die band se staalmaasb­inding (steel belt) uitrafel.

Verwyder ’n gomlint uit die pakkie. Die rede waarom daar ’n paar linte in die pakkie is, is sodat jy meer as een van hulle in dieselfde gat kan druk indien nodig. Maak seker die gom is steeds taai en nie droog nie.

Ryg die lint deur die bandnaald se punt en smeer die lint met nóg gom uit die buisie. Moenie suinig met die gom te werk gaan nie, want sodra jy die buisie se seël breek, gaan die inhoud kort voor lank kliphard wees.

Druk die punt van die naald teen die gaatjie. Met een flink beweging steek jy die naald met die gomlint diep in die band en trek dit weer uit. Die lint behoort halfpad in die gat agter te bly. Gebruik nóg linte, indien nodig.

Jy kan die punte van die lint wat uitsteek, afsny as dit jou pla. Teen die tyd dat jy die wiel opgepomp het, sal die gom droog genoeg wees sodat jy verder kan ry. ’n Geoefende ou kan dié herstelwer­k binne 10 minute doen.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa