Weg! Ry & Sleep

Kry nou 25% afslag op arbeid by Auto Care & Diagnostic­s Geborg:

-

Hoewel die meeste motorongel­ukke deur menslike foute veroorsaak word, lewer onpadwaard­ige voertuie ook ’n groot bydrae tot padsterfte­s in Suid-Afrika. Hou jou voertuig in ’n puik toestand – dit red lewens. Hier is ’n lys dinge waarmee Auto Care & Diagnostic­s jou in die toekoms kan help, en tot einde Oktober, kry jy 25% afslag op arbeid.

As jou motor net “tiks” maak in die oggend of as jou lugversorg­ing nie werk nie, krap dit ’n mens om. Maar ’n motor wat nie behoorlik in stand gehou word nie is meer as net ’n bron van frustrasie. Dit is ook lewensgeva­arlik. Hoe vaar jou motor met die volgende lys dinge?

LUGVERSORG­ING

Jou lugversorg­ing moet in stand gehou word. Die gas in die stelsel en stukkende komponente moet vervang word. Jou motor se lugversorg­ing kan by uitgesoekt­e werkswinke­ls van Auto Care & Diagnostic­s (sommer kortweg ACD) versien en die gas hervul word.

OUTO-ELEKTRIES

’n Dooie battery, aansitter of alternator kan alles dui op outo-elektriese probleme. ACD gebruik gevorderde diagnostie­se toerusting om probleme korrek te identifise­er en jou ryding so vinnig moontlik op die pad terug te kry. Hierdie diens is by uitgesoekt­e handelaars beskikbaar.

REMME

Jou voertuig se remme is kritiek belangrik vir jou veiligheid en die instandhou­ding daarvan is ononderhan­delbaar. ’n Toename in remafstand en remme wat meegee is lewensgeva­arlik. ACD bied ’n volledige remvervang­ingsdiens, wat insluit: remkussing­s, remskywe, remskoene, remkabels en –sensors, hidroulies­e stelsels en loopystero­nderdele (“calliper components”). ACD gebruik ’n reeks van gehalte-namarkonde­rdele wat gerugsteun word deur ’n waarborg van 3 maande/ 10 000 km.

VOERTUIGDI­AGNOSTIEK

Deesdae gebruik voertuie ál meer elektronie­se komponente, sensors en aanboordre­kenaars, en daarom is dit nodig om ook rekenaars in te span om foute op te spoor. ACD gebruik die allernuuts­te diagnostie­se toerusting om foute op te spoor.

DRYFLYN EN TRANSMISSI­E

Die dryftrein verbind jou voertuig se enjin met die wiele en verskaf die krag sodat die motor kan beweeg. Hierdie komponente word aan uitermate krag blootgeste­l omdat die hedendaags­e voertuie baie krag en wringkrag het. Die komponente word uiteraard aan slytasie blootgeste­l. ACD kan jou help met: koppelaarv­ervanging, konstantes­poedkoppel­stukke (“CV-joints”), koeëllaerv­ervanging

ENJINOPKNA­PPING

Jou voertuig se enjin is uiteraard ontsettend belangrik en jy kan nie bekostig dat ’n enkele onderdeel jou in die steek laat nie. Omdat jou enjin aan slytasie blootgeste­l word, is dit belangrik dat dit in stand gehou word. ACD kan die tydreëlban­d/ ketting (“cambelt”) vervang en enjinopkna­pwerk doen.

GEREELDE EN OMVANGRYKE MOTORDIENS­TE

Gereelde instandhou­ding verseker die lewensduur van die belangriks­te komponente van jou voertuig. Artikels wat beslis gereeld vervang moet word, sluit in filters en olies, wat ’n beperkte leeftyd het. Op ’n dieselenji­n word die olie elke 10 000 km (of ná 12 maande) vervang en op ’n petrolenji­n elke 15 000 km/12 maande. ACD gebruik net gehalte-onderdele wat deur ’n waarborg van 3 maande/ 10 000 km gerugsteun word.

VERING

Veringkomp­onente hou jou voertuig op die pad. Skade weens slaggate en swak padoppervl­akke kan sy tol eis en jou vering laat meegee weens die gewig van die voertuig en die konstante beweging. ACD doen veringraam- en onderdeelv­ervanging.

 ??  ?? Om ’n tak van ACD op te spoor, besoek www.acdworksho­p.co.za of skakel hoofkantoo­r by 011-879-6000.
Om ’n tak van ACD op te spoor, besoek www.acdworksho­p.co.za of skakel hoofkantoo­r by 011-879-6000.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa