Weg! Ry & Sleep

Tent opslaan

-

Die tent is binne-in die romp opgevou, onder die deksel van die wa. Die deksel se binnekant word die vloer van die tent wanneer dit oopgevou is.

Heel eerste moet jy die wa se neus laat sak sodat hy teen ’n helling vorentoe leun – dit keer dat die vloer se verstelbar­e voetstutte op die grond druk as dit oopgevou is.

Stap nou om na die agterkant en maak die knippe van die raamwerk waaraan die noodwiel vas is bo en onder die wa los. Swaai die raam om na die regtersyka­nt van die wa, maar moenie dit teenaan die wa sit nie. Dit kan die gasstutte wat die deksel lig, beskadig wanneer jy dit oplig.

Nou kan jy die vier knippe – een voor en agter aan elke sykant – waarmee die deksel in plek gehou word, losmaak en dit van die voorste hoeke van die wa af begin oplig. Hoewel die dak danksy die twee gasstutte aan die agterkant deur een mens opgelig kan word, is dit net soveel beter as jy hulp aan die ander kant van die wa het. Loop nou al langs die wa na die agterkant toe en swaai die deksel oop totdat dit op die grond lê. Die deksel se agterkant sal hoër wees as die kant waar dit teen die wa skarnier – jy moet dit in die middel trap om dit horisontaa­l te kry.

Lig nou die neus totdat die wa waterpas staan en die vloer se vier hoekstutte die grond raak en verstel hulle, indien nodig.

Om die tent te span moet jy binne-in die tent op die bed klim en die raamwerk van vierkantys­ter aan die voorkant boontoe druk totdat dit in posisie klik. Doen nou dieselfde met die raamwerk aan die agterkant van die tent (die middelste raamwerk is reeds in plek).

Jy kan nou die tent se kant-, voor- en agterseilt­jies opslaan en daarna al om die wa loop en die sykante van die tent oor die romp en tentvloer trek en met die klitsrits aan die wa vasplak.

Met afslaantyd is ’n tweede mens nodig om te help om die deksel toe te trek en ook seker te maak die tent word nie tussen die deksel en romp vasgeknyp nie. >

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa