Weg! Ry & Sleep

In die binneruim

-

Die ruim, oop gevoel in die tent is onmiddelli­k opvallend wanneer jy instap. Die soliede vloer laat dit voel asof jy eerder in ’n woonwa as in ’n tent is.

Binne is die tent in twee ewe groot dele verdeel: die aantrekdee­l waar jy instap en die slaapdeel links, na die voorkant van die wa toe. Met ’n vloerafmet­ing van 2,1 x 1,7 m is hier baie beweegruim­te en selfs plek vir ’n klein kassie of rakkie vir pakplek.

Die tent is aan die agterkant op sy laagste punt 1,9 m hoog en van hier af loop dit skuins op na die nok bo die bed. Selfs Langeraat se kop gaan nie teen dié dak skuur nie.

Daar is deure aan weerskante van die aantrekkam­er en die agterkant kan heeltemal ooprits. Alle deure en vensters het flappe en muskietnet wat kan ooprits.

Om op die bed te kom gebruik jy die trappie aan die binnekant van die agterste kas se deur. Die palekas se deksel, wat net soos die trappie ’n rubberbede­kking het sodat jy nie gly nie, is sterk genoeg om as tweede trappie te dien. Die tweedie p siklus batterye is weerskante van die palekas met die kragboks regs van die laaie.

Die twee uittreklaa­ie reg onder die bed het genoeg spasie vir ’n paar weke se vakansiekl­ere. Jy kan die laaie óf uittrek óf die bedbasis oplig en van bo af werk as jy iets wil uithaal. Weerskante van en onder die laaie is daar nóg pakplek, maar dit is ongemaklik om hierin te werk – pak dus net goed hierin wat jy min gaan gebruik.

Die bed is net-net smaller as ’n koninggroo­tte en het twee stewige sponsmatra­sse wat die hele breedte van die wa vol lê.

Die twee leesliggie­s op armpies aan die koppenent van die bed kan verstel en die LED-dakliggie het ook ’n magneetstr­ook op die agterkant –jy kan dit dus enige plek aan die tent se raamwerk vassit.

Die tent het weerskante en aan die koppenent van die bed vensters met muskietnet wat ook, soos by die aantrekged­eelte, heeltemal kan ooprits. Die dakvenster help vir lugvloei, maar die dubbeltent­dak gaan enige sterrekykp­lanne uit die bed kelder.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa