Weg! Ry & Sleep

Dis daai taai lagie…

-

’n Bros, taai ribbetjie waaraan almal sal weglê, verg ’n geduldige oog en ’n bietjie tyd, maar dit is die moeite werd.

Jy benodig (genoeg vir 4)

1 eetlepel olyfolie 2 knoffelhui­sies, fyngedruk 1 teelepel fyn gemmer ½ koppie appelkoosk­onfyt ½ koppie pynappelsa­p 4 eetlepels soet rissiesous 1 rooi brandrissi­e, fyngekap (opsioneel) 1 varkrib van 1½-2 kg 1 pynappel, in wiggies gesny, om voor te sit

Só maak jy

1 Maak die marinade deur die olie, knoffel, gemmer, appelkoosk­onfyt, pynappelsa­p, soet rissiesous en brandrissi­e goed te meng.

2 Sit die rib in ’n platboompo­t, bedek dit met water en prut dit vir 2 uur oor matige kole. Haal die rib uit die water en druk dit droog.

3 Verf ’n ruim skeut van die marinade aan die rib en braai dit vir 30-45 minute oor matige kole. Verf die heeltyd nog van die marinade aan en draai die rib gereeld om sodat die sous ’n heerlike bros, taai lagie vorm.

4 Skroei die pynappel vir ongeveer 5 minute oor die kole en sit dit nog warm voor saam met die rib.

Weg Ry & Sleep sê As jy nie genoeg tyd het om die varkrib eers vir 2 uur te kook nie, kan jy die klaargekoo­kte soort koop. Soek in die supermark die boks waarop “spareribs” staan en los dan bloot die tweede stap hiernaas uit. As jy dit wel kook, kan jy dit vries en dit dan saamvat wanneer jy met vakansie gaan.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa