Weg! Ry & Sleep

Hoendertji­e met skop

-

Die whiskysous sorg vir ’n taai lekkerte wat iedereen hulle vingers sal laat aflek. Eet ho sommer van die rooster af!

Jy benodig (genoeg vir 4)

1 eetlepel botter 1 ui, fyngekap ½ koppie bruinsuike­r

1/3 koppie whisky 4 eetlepels sojasous 4 eetlepels tamatiesou­s 2 eetlepels bruinasyn ½ teelepel paprika 16 ontbeende hoenderdyt­jies 2 rooi soetrissie­s, in blokkies gesny 2 rooiuie, in blokkies gesny Só maak jy

1 Smelt die botter in ’n kastrollet­jie en soteer die ui daarin tot sag en glansend.

2 Roer die suiker, whisky, sojasous, tamatiesou­s, asyn en paprika oor ’n lae hitte daarby in totdat die suiker opgelos het.

3 Prut die sous vir 15 minute oor lae hitte totdat dit effens verdik – roer dit die heeltyd om te keer dat dit aanbrand. Haal die sous van die hitte af, laat dit heeltemal afkoel en sit dit dan bedek in die yskas.

4 Ryg die hoender, ui en soetrissie om die beurt op 4 groot of 8 kleiner sosatiesto­kki en pak dit in ’n plat glasbak.

5 Gooi die helfte van die koue sous oor die sosaties, bedek die bak met kleefplast­iek en laat dit oornag in die yskas marineer (maar vir minstens 1 uur). 6 Braai die sosaties stadig oor matige kole totdat die hoender sappig en gaar is – ongeveer 10-15 minute. 7 Verhit die res van die sous en sit dit voor saam met die gaar sosaties.

Weg Ry & Sleep sê Ontbeende hoenderdyt­jies is baie smaaklik en sappig in dié resep, maar as jy sukkel om dit in die hande te kry, kan jy 4 groot hoenderbor­sies in blokkies van 3 x 3 cm sny. >

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa