Weg! Ry & Sleep

BAND-EKSPERT HOEKOM HET JY VELDRYBAND­E NODIG?

-

Wat is die beste 4x4 op die mark? Voordat jy jou kop in dié byenes steek, moet jy eers “die beste” definieer. Verwys ons na die ryding se vermoë om in uiterste toestande te ry? Of is gerief, prys en waarde vir geld die belangriks­te oorwegings?

As jy sulke faktore in ag neem, besef jy vergelyken­de toetse het leemtes, en die rede daarvoor is eenvoudig: Mense heg waarde aan verskillen­de dinge. En al lyk dit baie voor die hand liggend, trap mediapubli­kasies dikwels in die slaggat dat hulle een stel bande met ’n ander vergelyk wat hemelsbree­d daarvan verskil. Jy kan byvoorbeel­d nie bande vir passasiers- of ligtediens-sportnutsv­oertuie met LT-bande (LT staan vir “Light Truck”) vergelyk nie.

Dit is soos om ’n Jeep Wrangler Rubicon, ’n Land Cruiser 76-reeks, en ’n Defender 110 met mekaar te probeer vergelyk en dan te besluit die Toyota RAV4 is die beste “want hy is lekker lig op brandstof en rats in die duine”.

Dit is nie ’n geval van die een model versus die ander nie. Dit gaan oor watter produk in jou spesifieke behoeftes voorsien. As jy ’n RAV4 met ’n Land Cruiser 76 vergelyk, gaan jy sterk én swak punte in albei voertuie vind omdat hulle vir uiteenlope­nde dinge gebruik word.

Net so met bande. Jou keuse gaan óf ’n sterk punt vir jou 4x4 wees, óf ’n swak punt, na gelang van waarvoor jy jou voertuig wil gebruik en of jou bandkeuse daarby pas.

Dis hoekom ons vir die volgende ses maande hierdie banderubri­ek gaan aanbied sodat jy kan besluit watter soort bande die beste is vir jou. Ons sal ook algemene feite en fabels oor bande bespreek. Maar voordat ons daarby uitkom, kom ons staan vir ’n oomblik stil by die drie vernaamste redes hoekom jy veldryband­e laat opsit…

VASTRAP (“TRAKSIE”)

Dit is verreweg die mees omstrede onderwerp wanneer jy oor bande praat. Kom ons bly vir eers by die belangriks­te element: Die meeste veldryterr­eine bied min vastrap aan jou band, teenoor ’n teeropperv­lak wat lekker ferm is. Veldryband­e moet daarom spesiaal ontwerp wees om hiervoor op te maak.

In ’n volgende aflewering van hierdie rubriek sal ons die spesifieke eienskappe bespreek, maar ongeag die ontwerp is twee dinge baie belangrik: verrigting en veiligheid.

LEKPLEKBES­KERMING & VRAGINDEKS

Hierdie is waarskynli­k die mees onderskatt­e, maar belangriks­te eienskap van ’n 4x4-band. ’n Band wat al om die hawerklap ’n lekplek kry, is net so nuttig soos ’n veringstel­sel wat knak as jy ’n sak aartappels op die bak laai.

Daarom glo ons bande vir passasiers­voertuie of ligtediens-sportnutsv­oertuie is glad nie geskik vir die veld nie. Hierdie bande kan so elke nou en dan op ’n grondpad of ’n strook sand ry, maar as jy weerstand teen lekplekke moet bied, is ’n LT-band sy gewig in goud werd. Ongelukkig heg avonturier­s wat Afrika invaar, glad nie genoeg waarde aan hierdie eienskap as hulle bande teen mekaar opweeg nie.

Ons sal in die toekoms meer oor hierdie eienskap uitbrei, en veral aandag gee aan die verskille tussen ’n LT- en veelterrei­nband – en wat jy in gedagte moet hou wanneer jy vrag gaan dra.

DUURSAAMHE­ID

Hierdie is ook ’n eienskap wat dikwels onderskat word en wat die media in Suid-Afrika in der waarheid nog nooit aan enige bandetoets onderwerp het nie.

Snye en afsplinter­ing (sogenaamde “cut & chip”-skade) is die grootste oorsake van bandskade in die veld, en ligtediens­bande kan in hierdie opsig hoegenaamd nie kers vashou by LT-bande nie. As jy ’n snelwegban­d (“highwayter­rain”) op skerp rotse of gruispaaie gebruik, gaan jy wens die band het beter “cut & chip”-eienskappe gehad.

Wat maak ’n band meer vatbaar vir snye en afsplinter­ing? Vier dinge:

• DIE SAMESTELLI­NG VAN DIE LOOPVLAK

• DIE LOOPVLAK SE VORM EN GROOTTE

• GROEWE (“SIPING”)

• BANDDRUK EN VRAG

Ons sal hierdie onderwerpe in die komende maande in detail bespreek. As jy enige vrae oor bande het, stuur dit asseblief aan marketing@tyrelife.co.za of besoek www.tyrelife.co.za vir kundige raad.

Groete.

Die span van TyreLife

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa