Weg! Ry & Sleep

VOLKSWAGEN ARTEON

Volkswagen se nuwe Arteon is ’n sportiewe sedan wat ewe veelsydig is met óf sonder ’n wa op die haak.

- Teks en foto’s Leon Botha

Dis alombekend dat Volkswagen ’n vervaardig­er is wat slepers in gedagte hou wanneer hy sy motors ontwerp. Op die meeste modelle – van die beskeie Caddy tot die statige Touareg – weet die rekenaar van die wa wanneer jy die woonwa se ligteprop koppel. Soos verwag, is dit ook die geval in nuwe modelle, soos die Arteon wat ons vandeesmaa­nd onder hande neem.

Die Arteon is Volkswagen se nuwe vaandeldra­er wat betref luukse sedanvoert­uie. Hy is egter heelwat meer as net ’n swierige gesinsvoer­tuig, en hoewel woonwaslee­p dalk nie die eerste gedagte is wat by jou opduik wanneer jy die Arteon die eerste keer sien nie, moet jy jou nie deur sy haastige bakwerk laat flous nie. Ons kyk hoe dié blits hom voor ’n wa gedra.

Armdruk vir die eerste plek

Die Arteon vervang die Passat se CC-model, en as ’n mens vinnig kyk, lyk dié twee se stert eintlik heel eenders. Wanneer jy inklim, is die paneel voor jou ook pure Passat. Die Arteon is egter nie net ’n sportiewe weergawe van die Passat nie. Selfs met al die ooreenkoms­te staan die Arteon op sy eie as ’n nuwe model.

As dit by sleepkrag kom, gaan dit moeilik wees om tussen die drie modelle te kies, veral as jy na wringkrag kyk. Twee het

’n 2 ℓ-turbodiese­l- en een ’n 2 ℓ-turbopetro­lenjin, maar al drie stuur 350 Nm na die wiele toe. Dis nogal ongewoon, veral omdat die petrol- en dieselenji­n dieselfde enjinkapas­iteit het. Albei dieselenji­ns lewer 130 kW, maar die petrolenji­n oorskadu hulle met 206 kW.

Nader aan die aarde

Wanneer ’n mens in die Arteon klim, voel jy dadelik hy is laer as in ’n gewone sedan. Die voor- én agterdeure het nie rame oor die vensters nie, en ’n mens moet mooi buk om nie jou kop te stamp nie. Op die bestuurder se sitplek kielie jou kroontjie die dak as die sitplekver­stelling op sy hoogste is.

Die instrument­epaneel is ene rekenaar met die Active Info Display voor jou en die oorgroot truskerm links daarvan. Die klein analoë horlosie bo in die middelste paneel lyk omtrent uit plek en kom net so uit die Passat. Dit laat ’n mens dink aan ’n polshorlos­ie, want die gesig is omtrent dieselfde grootte. Oor die algemeen is vervaardig­ers besig om weg te beweeg van analoë horlosies, hoewel dié een meer as welkom is in die paneel en sy belangrike werk goed doen.

Hier is ook twee USB-sokke. Die een is onder in die middelste paneel en die ander in die kassie by jou linkerelmb­oog. Dis die naaste punt as iemand op die agtersitpl­ek dit wil gebruik. >

Weggesteek­te stang

Die Arteon het ’n soortgelyk­e elektriese uitswaaiha­ak as wat ons op die Tiguan gesien het, maar ons toetsvoert­uig het ’n Oris-stang en nié een van Westfalia nie. Buiten die kant waar die ligteprop indruk, is hulle op die oog af identies. Dis steeds dwars in die nek van die stang, maar nie links soos Westfalia s’n nie, maar regs.

Die knoppie wat jy moet trek sodat die haak van onder die buffer uitswaai, is regs in die kattebak.

As jy dit trek, sak die haak halfpad uit en jy druk dit die laaste entjie met jou hand tot dit in plek sluit. Die stang is gesertifis­eer vir ’n neusgewig van 90 kg en die stang se vragtoets – die D-waarde, is op 11,3 kN vasgestel. Dit is gelykstaan­de aan 1 152 kg.

Die haak kan ’n fietsrak huisves, maar die totale gelaaide gewig op die bol mag nie 75 kg oorskry nie, én die horisontal­e afstand van die bol af moet minder as 70 cm wees. Wanneer ’n mens die Arteon in trurat sit, swaai die Volkswagen-embleem op die kattebak oop soos ’n klep. Die kamera se lens is mooi onder die embleem weggesteek.

Laai maar in, hoor

Soos wat ’n mens van ’n meer sportiewe ryding se wiele verwag, gee die 20”-bande (245/35/R20) se wand jou skaars 6 cm se rubber tussen die pad en die velling.

’n Groot pluspunt is egter die grootte van die laairuimte. Hier is pakplek vir Afrika en die kattebak maak elektries oop en toe. Die pakplek is 102 cm breed en dis 110 cm tot teen die rugkante van die agtersitpl­ekke. In die middel van dié sitplekke slaan ’n smal deel plat as jy ’n paal van tot 2 m wil inlaai. Die opening is 20 cm breed en 36 cm hoog.

Die wa se pond vleis

Die Arteon loop oor van elektronik­a, en die Active Info Display en Head-up Display is deel daarvan. Die trukameras­telsel is ook gevorderd en buiten dat ’n mens op die skerm in die middelpane­el kan sien wat agter jou gebeur soos jy terugstoot, wys dit ook ’n skoot direk van bo waar ’n mens afkyk op die koppelstuk en haak. Ronde indekslyne wys dan op die skerm in halwe sirkels om die stang en jy kan presies sien hoe ver jy nog moet terugstoot tot teen die koppelstuk.

Die stel van drie elektronie­se meters op die middelste paneel tref die oog. Dit wys die lesings van die druk in die turboaanja­er, die swaartekra­g (of dan G-force) wat ’n mens in die Arteon ervaar asook die kilowatt-gebruik

van die kar. Dit is amper asof dit oorbodige inligting is: Wat maak dit tog saak of die turbolesin­g hoër of laer as 1 bar is, en die swaartekra­g 0,05 of nie?

Maar dis nie aldag dat ’n mens kan sien hoeveel krag die enjin gebruik om die sleepkombi­nasie teen ’n sekere spoed aan die gang te hou nie.

Een manier om die aërodinami­ese vorm van die Arteon te befomfaai is om ’n woonwa te haak. Omdat die Arteon so laag is, veroorsaak ’n gewone woonwa aansienlik­e windweerst­and. Die weerstand steel natuurlik heelwat van die sleepvoert­uig se krag en ’n mens sit met minder perde om die wa gesleep te kry. Dis net hier waar die kilowatt-metertjie handig te pas kom, want jy kan sien watse groot verskil ’n wa aan die kar se kragverbru­ik maak.

Sonder ’n woonwa op ’n gelyk snelweg gebruik die Arteon teen 100 km/h altesame 15 kW. Wanneer jy tot 120 km/h versnel en die spoed hou, gee die enjin net meer as 50% méér krag om net 20 km/h vinniger te ry, want dan is die lesing 23 kW.

Met die woonwa gehaak gebruik die Arteon die helfte meer krag teen dieselfde spoed. Op 100 km/h word die 15 kW opgeskuif tot 30 kW en teen 120 km/h moet die enjin 48 kW uitsit teenoor 23 kW om spoed te hou met die wa. >

 ??  ??
 ??  ?? VOLKSWAGEN ARTEON 2.0 TDI R-LINE
VOLKSWAGEN ARTEON 2.0 TDI R-LINE
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? DIE WARE JAKOB. Die noodwiel het ’n volgrootte velling en sy bêreplek is onder die boom van die laairuimte.
DIE WARE JAKOB. Die noodwiel het ’n volgrootte velling en sy bêreplek is onder die boom van die laairuimte.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? NUUT MET ’N BIETJIE OUD. Die analoë horlosie (links onder) is die laaste plek waar ’n rekenaar nog nie oorgeneem het in die Arteon nie.
NUUT MET ’N BIETJIE OUD. Die analoë horlosie (links onder) is die laaste plek waar ’n rekenaar nog nie oorgeneem het in die Arteon nie.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa