Laaste koper
Sy het onlangs saam met ’n klompie vriende ’n draai in Namibië gaan maak waar die natuurskoon haar asem weggeslaan het, sê Ansche Grobler van Lichtenburg.
“Ek is besig met my honneursgraad in biokinetika op die Potchefstroomse kampus van die Noordwes-universiteit. Baie van my
Mis voor die lens
Hy boer met pekanneute en is deurgaans op soek na ’n mooi toneel om af te neem, sê Charl Bekker van Jan Kempdorp.
“Ek het dié foto laasjaar so net vóór die winter geneem oor ’n dam op die plaas Pekanhof, ongeveer 3 km buite die dorp, waar ek boer. My kamera is altyd by my en ek ry nie verby ’n fotogeleentheid nie.”
’n Mens kan die stilte in die foto vóél. Die water is spieëlglad, en soos die ry bome na links in die foto verdwyn, voel dit omtrent of jou oog op die water agterna gly. Naderhand verander die bome saam met hulle weerkaatsing in ’n waas tot waar dit lyk of hulle een word met die mis.
Die bome lyk ook of hulle op ’n lang eiland groei – tussen die water en die horison – en die weerkaatsing van die bome op die water is baie getrou, soveel so vriende wat saam met my in die koshuis bly, kom van Namibië af. Om ons graad te gaan vier het ons ’n tyd lank by een vriendin, Brenice du Plessis, oorgebly. Hulle het ’n plaas tussen Koës en Aroab. Ons het elke laatmiddag met die honde gestap, en natuurlik was mooi sonsondergangtonele deel daarvan. Ons wat van groot dorpe af kom, is nie gewoond aan al hierdie vlaktes nie.” dat die lang eiland soos ’n boom lyk wat na links oor die foto geval het. Die boompies en hulle weerkaatsing vorm die takke aan weerskante. Al weeg die bosse links in die fotoraam visueel heelwat swaarder as die res van die detail op die foto, pla dit nie te
As ’n mens aan Namibië dink, kan jy nie help om oneindige sandduine voor jou geestesoog te sien nie. Tog is groot dele begroei, soos wat ’n mens op Ansche se foto kan sien. Dis wel nie die sand en bome wat ’n mens se aandag trek nie, maar die goue wolke. Dit lyk of net ’n sekere laag gloei, want die wolke in die agtergrond is donker. Dít en die lyne van die sonstrale wat in die rigting van die son loop, sorg vir diepte in die foto. Al sien ’n mens die helder veel nie. Dit dien amper as deurstop soos jou oog aanvanklik links in die foto af beweeg. Die prentjie sou waarskynlik net so goed gewerk het sonder die bos, maar in dié geval sorg dit vir ’n verdere dimensie omdat dit die naaste punt aan die kamera is. Dit is die
Canon PowerShot SX70
deel agter die bos, waar die toneel heeltemal verdwyn, wat dit ’n mistieke gevoel gee. Jy wil omtrent agter die bos probeer kyk.
Die foto het ook net ’n enkele kleur: blou. Al die verskillende skakerings daarvan dra by tot die koue wintergevoel.