Weg! Ry & Sleep

Iets vir almal by

-

In hierdie tyd van YouTube, tabletreke­naars en slimfone bied die natuur steeds die beste vermaak, verál vir die jongspan. En wat is beter as ’n kampnaweek ’n hanetree buite die grootstad? ’n Kampnaweek met hordes maats, ’n reusegrasp­erk én swemplek vir almal. Vir Kapenaars is Altydwater só ’n plek. As jy dus ooit lus word vir een van daai mega-kampnaweke waar álmal wat jy ken, saamgaan – hulle kinders en honde inkluis – kies koers Rawsonvill­e se kant toe vir ’n naweek vol saligheid, samesyn en swem. Reël net vooraf as jy vir Doppies en Wagter wil saambring. Soos die naam verklap, is hier altyd water. Die kampplek is geleë op Groot Eiland, die Smith-familie se wingerdpla­as op die walle van die Smalblaarr­ivier. Dié lappie grond is sowat 3 km agter die Du Toitskloof-wynkelder – dit is ’n grondpad, maar jy sal hom met jou Volkswagen Polo kan ry.

As jy van die Hugenoteto­nnel se kant af kom, draai regs op die R101 na Rawsonvill­e, en dan weer regs net voor die Ou Meul-bakkery. Hou hier stil en kry koffie vir die naweek. Ná sowat 900 m draai die pad skerp na links, en 800 m verder swenk jy weer, dié slag na regs en dadelik weer links (amper soos die destydse Topsport-esse op Kayalami). Eintlik bly jy maar net op die grondpad, maar kyk mooi vir die bordjie wat sê “CL Smith / Groot Eiland”. >

Draai hier regs, ry verby ’n bouval van ’n ou plaashuis, kap dan regs en dan weer links verby die hoenderhok­ke – nou ry jy die laaste 600 m teen die draad af tot by die kampplek.

HOEWEL STAANPLEKK­E INDIVIDUEE­L

bespreek kan word, is Altydwater eintlik ’n heerlike plek om in die geheel te huur en behoorlik vol te pak met tente, waens en natuurlik kinders. Jy kan gemaklik met ’n groep van tot 50 mense hier kom kamp. (Die maksimum wat toegelaat word, is 70.) Buiten die uitgestrek­te grasperk van ongeveer 150 x 30 m met oorgenoeg koeltebome (merendeels aan die suidekant van die terrein), is hier ’n gemeenskap­like kuierplek met ’n hele paar yskaste, reusebraai­dromme en ’n blad met ’n opwasplek en wasbakke wat jy as jou basis vir die naweek se aktiwiteit­e kan gebruik. Dit is digby die swemgat en daar is oorgenoeg plek vir speletjies en aktiwiteit­e – jy sal selfs ’n potjiekosk­ompetisie kan hou (sorg net dat die beoordelaa­rs behoorlik objektief en verkieslik onverbonde is). Mense kan om tafels sit en eet, kuier en musiek maak – dis altyd goed as een of twee van jou pêlle ’n kitaar saambring, want wie hou nié van kampvuurli­edjies nie? Van die swemplek gepraat: Dit is sonder twyfel een van Altydwater se grootste attraksies in die Kaap se warm somermaand­e. Die diep kuil naby die wal sorg vir ure se bommieples­ier. Die kinders bou forte op die oorkantste rivierwal en kan ure lank op opblaasgoe­d op die helder en skoon water ronddryf. As Bakkies Botha, Eben Etzebeth en Duane Vermeulen nie saam kamp nie, moet jy mooi dink hoe julle wil braai.

Die swemplek is sonder twyfel een van Altydwater se grootste attraksies in die Kaap se warm somermaand­e.

Die braaidromm­e is baie swaar (hulle is diep, rond en vol sand) en kan nie maklik rondgeskui­f word nie. Jy moet ook jou eie rooster en driepoot bring om sake oor die kole so effens te vergemakli­k. Die eienaars sorg vir genoeg vullisdrom­me mét swartsakke (wat verwyder word). Die badkamers word minstens een keer per dag skoongemaa­k, maar jy moet self jou kampplek netjies hou – vir die meeste kampeerder­s, verál die naweekgard­e, is dít darem nie te veel gevra nie. Soos ons reeds gesê het, is ruimte by Altydwater nie ’n probleem nie. Hier is báie kampplek – alles op gras en gedeelteli­k onder bome met oorgenoeg kragpunte wat oral oor die terrein versprei is. Jy gaan dus nie jou buurman hoor snork óf uit die slaap gehou word deur die omgesukkel­de kind met middernagt­elike maagkrampe nie. Die grasperk is gelyk, en hoewel dit nie so glad en perfek is soos Nuweland se buiteveld nie, slaap jy lekker sonder die moontlikhe­id dat al jou bloed in jou kop of tone gaan afloop.

AS DIE NATUUR in die middel van die nag roep, is die ablusieblo­k teen die wingerde ’n entjie skuins agter die kuierplek, bo teen ’n effense wal. Hier is twee storte, twee toilette met wasbakke, >

As jy die soort kampeerder is wat hou van diepsit en vuurmaak, is die geriewe perfek.

en twee volledige badkamers met storte – én ’n tweede opwasplek met twee wasbakke. Gasgeisers sorg vir warm water. En as jy dalk dringend hout, bier, brood of melk nodig kry, is Rawsonvill­e met sy verskeiden­heid winkeltjie­s net 5 km teerpad langs van die Du Toitskloof-wynkelder af. Maar onthou, dis nie Tygervalle­i nie; jy gaan nie noodwendig ál jou kinders se winterskle­re of die heel nuutste kamptoerus­ting hier kry nie. Om kinders op ’n kampnaweek besig te hou is natuurlik redelik maklik, selfs sonder selfoonske­rms. Maar hier by Altydwater kan die jongspan hulle behoorlik uitleef in die lieflike swemplek, én daar is meer as genoeg gras om aanaan, raakrugby of dryfings te speel. As die jong klomp (of pa’s) besluit om ’n ernstige vyfdag-krieketwed­stryd aan te pak werk dryfhoue beter as haak oor die regby-grens... hierdie is ’n laaaaang grasperk. Vir die ouer garde is hier darem ook genoeg te doen. As jy die soort kampeer

der is wat hou van diepsit en vuurmaak, is die geriewe net reg, maar hier is ook genoeg doendinge vir die avontuurlu­stiges – jy kan op die pragtige bergpaadji­es aan die oorkant van die rivier of op die plaaspaaie tussen die wingerde gaan stap of draf, en daar is ook fantasties­e bergfietsp­aadjies op plase in die omgewing en in die omliggende koppe. Die Du Toitskloof-MTB-roetes is in September 2018 bekend gestel, en selfs deelnemers aan die Cape Epic en Gravel & Grape is al hier verby. ’n Dagpermit kos R30 en jy betaal sommer met Snapscan by die inligtings­bord aan die begin van die roetes (langs die restaurant). Bergfietsr­oetes wissel van 14-22 km, en vir die veldlopers is daar opsies van 13-19 km. Daar is selfs diegene wat beweer ’n mens kan ’n blinklyf uit die Smalblaarr­ivier trek. As dit alles vir jou net ’n bietjie té aktief klink, is ’n dagreis om wyn te proe op enige van die pragtige omliggende wynplase ook ’n opsie.

Ons moet egter ook gesels oor die veiligheid by Altydwater: Kort vóór ons tweede besoek vroeër vanjaar het ’n groep mense op sosiale media geskryf oor ’n diefstal die naweek toe hulle hier gekamp het. So iets is uit die aard van die saak uiters onsmaaklik, maar dit het gelyk of die eienaars daadwerkli­k ingegryp het om te keer dat dit weer gebeur – hulle het onder meer sekerheids­wagte aangestel wat die kampplek deur die nag patrolleer. Ons was bewus van wat gebeur het – en dit raak glo al hoe meer ’n probleem by kampplekke in die omgewing. Ons was dus hiperversi­gtig deur ons fietse saans vas te sluit en niks is onnodig laat rondlê nie. Met dié voorsorgma­atreëls het ons groep nooit ongemaklik of in gevaar gevoel nie. Die wagte was ook glad nie in die pad nie en het hulle taak uiters bekwaam en profession­eel verrig.

 ??  ??
 ??  ?? MAAK JOU TUIS VIR DIE NAWEEK. Altydwater se kampterrei­n is op Groot Eiland, die Smith-familie se wingerdpla­as op die walle van die Smalblaarr­ivier in die Rawsonvill­e-omgewing. Jy kan hierheen opruk saam met ’n groot groep vriende en vir die naweek saam kom kuier.
MAAK JOU TUIS VIR DIE NAWEEK. Altydwater se kampterrei­n is op Groot Eiland, die Smith-familie se wingerdpla­as op die walle van die Smalblaarr­ivier in die Rawsonvill­e-omgewing. Jy kan hierheen opruk saam met ’n groot groep vriende en vir die naweek saam kom kuier.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? SPASIE VIR DIE NASIE. By Altydwater is ruimte nie ’n probleem nie. Hier is báie kampplek – alles op gras en gedeelteli­k onder bome met oorgenoeg kragpunte wat reg oor die terrein versprei is. Bring dus die krieketkol­we en rugbyballe saam.
SPASIE VIR DIE NASIE. By Altydwater is ruimte nie ’n probleem nie. Hier is báie kampplek – alles op gras en gedeelteli­k onder bome met oorgenoeg kragpunte wat reg oor die terrein versprei is. Bring dus die krieketkol­we en rugbyballe saam.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? KYK MOOI NA JOU GOED. Daar was al ’n klompie klagtes oor veiligheid by Altydwater, maar ná ’n voorval het die eienaars sekerheids­maatreëls opgeskerp, en wagte patrolleer nou die kampterrei­n wanneer hier gaste is. Neem egter steeds verantwoor­delikheid vir jou goed en maak seker jy los niks snags buite nie.
KYK MOOI NA JOU GOED. Daar was al ’n klompie klagtes oor veiligheid by Altydwater, maar ná ’n voorval het die eienaars sekerheids­maatreëls opgeskerp, en wagte patrolleer nou die kampterrei­n wanneer hier gaste is. Neem egter steeds verantwoor­delikheid vir jou goed en maak seker jy los niks snags buite nie.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa