Weg! Ry & Sleep

GASTEPLAAS HARTEBEESF­ONTEIN

-

JOU EIE KAMPPLASIE

Dis nie aldag dat ’n mens ’n hele kampplek net vir jouself en jou mense kan bespreek nie. Hartebeesf­ontein, net anderkant Mookgophon­g, is so ’n plek – en dan kamp jy nog teenaan ’n dam.

Die Bad se Loop-stroom ontspring op die plaas van 800 ha en die eienaars het ’n hele paar keerwalle in die stroom gebou waar die water opdam. Soos jy aangery kom, kan jy langs een van die heel linkerkant­se damme kamp. Dié dam stroomaf is sowat 40 jaar oud en het ’n oppervlakt­e van 7 ha (afhangend van die watervlak).

’n Mens slaan op die westelike oewer van die dam kamp op. Agter jou is ’n sitrusboor­d, en tussen die waters en die boord is ’n paar lieflike koeltebome en ’n netjiese grasperk. Jy kan jou staanplek inrig waar dit vir jou gerieflik is, want hier is nie afgebakend­e staanplekk­e nie. Maar as jy afhanklik is van krag, hou naby die grasdaklap­a wat omtrent in die middel van die grasperk staan. Die kombuis is ook deel hiervan en het ’n opwasgedee­lte, yskas en gasstoof (bring jou eie gassilinde­r). Verder is die badkamers met geriewe soos ’n stort, bad, toilet en wasbak ook hier. As jy net vinnig ’n draai wil loop of afspoel, kan jy die buitetoile­t of -stort gebruik.

Tussen die lapa en die waters is ’n ronde betonblok waar jy veilig jou lekker groot vuur kan stook – jy is immers nou op ’n plaas. Jy mag ook van die braaigerie­we met hulle roosters gebruik as jy nie jou eie saamgebrin­g het nie.

Die damme se visgetalle word jaarliks aangevul, maar dít wat jy vang, moet weer terug water toe – wat beteken jy het ’n beter kans om een van die groter menere aan wal te kry. Vir die hengelaars wat dit rustig wil vat, kan jy jou karpstokke uitpak, maar hier is ook kurpers en swartbaars wat ’n groter bohaai maak as hy ’n hoek in die bek kry. As dit voel jy het ’n dooie gewig gehaak, wees maar rustig, want die damme het ook babers.

Al is hier nie ’n swembad nie, is jy welkom om ook in die water af te koel.

Hartebeesf­ontien is veral gewild in vakansiety­e en oor langnaweke. Maar jy sal vroeg moet spring vir plek. Die kampplek is ruim genoeg vir 30 kampeerder­s, maar as jy bespreek, word die plek vir jou en jou mense uitgehou.

 ??  ?? Vaalwater
Gasteplaas Hartebeesf­ontein
N1
Mokopane
Mookgophon­g
Vaalwater Gasteplaas Hartebeesf­ontein N1 Mokopane Mookgophon­g
 ??  ?? Bela-Bela
Bela-Bela
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa