Weg! Ry & Sleep

1

Hier is vyf belangrike herwinning­stoestelle wat jy moet oorweeg as jy iewers heen gaan ry waar jy tien teen een gaan vasval.

- – Frans Taueatsoal­a

Die twee dinge wat ons nie in hierdie top 5-lys noem nie, is eintlik die heel belangriks­te: kennis en goeie oordeelsve­rmoë. Goeie oordeel moet jy hê oor waar om nié in te foeter nie, en dan het jy kennis nodig om jou uit te kry as jy wel daar ingefoeter het.

Kennis gaan jou meer in die sak bring as enige 4x4-katoeter, en daarom is dit goed om opleiding te kry by ’n 4x4-akademie, of sluit by ’n 4x4-klub of -forum aan sodat ervare lede hulle veldrykenn­is met jou kan deel.

Maar selfs kenners met goeie oordeel gebruik herwinning­stoestelle en ons Facebook-vriende het laat hoor watter affêrings hulle inlaai as hulle op ’n 4x4hindern­isbaan gaan speel of die boendoes invaar.

Bring dit op die planke Sandplanke is die beste 4x4-katoeter in jou arsenaal. Ry & Sleep verkies rigiede sandplanke bo sandmatte of -lere wat kan oprol. Rigiede sandplanke kan jy gebruik om ’n brug teen kliptrappe uit te bou of sand te grawe, en jy kan dit selfs as spane gebruik om te roei op ’n vlot.

“Ek vermoed dis die eerste ding waarin jy moet belê.”

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa