Weg! Ry & Sleep

Plastiek of metaal?

-

Hoewel die jerrykan sedert 1939 feitlik 100% onverander­d gebly het, kan jy deesdae ook brandstofk­anne uit poliëtilee­nplastiek koop.

Plastiekka­nne is effens goedkoper as jerrykanne – gewoonlik rondom R450 vir ’n 25 ℓ-plastiekka­n teenoor R650 vir ’n goeie 20 ℓ-jerrykan. Boonop bevat poliëtilee­n geen bisphenol-A (BPA) wat jou sal vergiftig as jy hom vir water gebruik nie. ’n Ander voordeel is natuurlik dat poliëtilee­n minder weeg as metaal – jy gaan dus nie so swaar hoef te dra as jy sonder brandstof gaan staan en na ’n vulstasie toe moet stap nie.

Maar dit is hier waar die voordele van ’n plastiekka­n eindig.

Jerrykanne is sterker as plastiekka­nne en jy kan hardhandig­er met hulle werk. As ’n plastiekka­n lek, moet jy hom weggooi (hoewel ’n klein gaatjie toegesmelt kan word) terwyl jy ’n gat in ’n jerrykan met staalgom kan lap. ’n Jerrykan se skarnierpr­op sal nie wegraak nie, terwyl die skroefprop van

Jerrykanne is sterker as plastiekka­nne en jy kan hardhandig­er met hulle werk. As ’n plastiekka­n lek, moet jy hom weggooi.

’n plastiekka­n maklik voete kry.

Petrol kan verby ’n plastiekpr­op se skroefdraa­d lek nadat die prop in sand geval het, iets wat nie met ’n jerrykan sal gebeur nie. Jy kan ’n jerrykan binne jou voertuig vervoer (wanneer jy byvoorbeel­d hoë sandduine ry en die gewig laag wil hou) terwyl poliëtilee­n poreus is en petroldamp­e binne die kajuit gaan vrylaat. Weens dieselfde rede moet jy ook nie brandstof vir lang tye in plastiekka­nne berg nie, want die poliëtilee­n laat lug na binne deur wat brandstof se oktaanvlak verlaag sodat dit ná ’n paar maande nie meer in jou trokkie se enjin wil ontvlam nie.

Jerrykanne wat vir watergebru­ik voorberei is, sal nie roes nie, en jy kan hulle vir jare begrawe sonder dat die water daarin aangetas word. Plastiekka­nne laat verdamping toe en sal mettertyd leër raak ten spyte daarvan dat die prop styf toegedraai is.

Poliëtilee­n word ook deur die son verweer, en ná ’n paar jaar sal plastiekka­nne verbrokkel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa