Weg! Ry & Sleep

Amen...

-

Dié gereg noem my ma van kindsdag af al “pastorieho­ender”. Ek weet nie hoekom dit so heet nie, maar dié weergawe wat jy oor die kole gaarmaak, is een van my gunsteling­e.

Jy benodig

(genoeg vir 4)

4 hoenderdye 4 hoenderbou­djies

1 eelepel elk gerookte paprika, fyn koljander en fyn komyn sout en swartpeper na smaak 3 eetlepels olie

1 ui, fyngekap

2 wortels, fyngekap 3 selderysti­ngels, fyngekap 1 koppie langkorrel­rys

1 blik (400 g) gekapte tamaties met kruie

1 teelepel sout

Só maak jy

1 Sny drie diep kepe in elke stuk hoender. Vryf dit dan met die speserye in en geur dit na smaak met sout en swartpeper.

2 Verhit die olie in ’n swartpot en braai die hoender tot dit oraloor mooi goudbruin is (minstens 10 minute).

3 Roer die groente by en soteer alles saam tot die groente glansend is (minstens nog 5 minute).

4 Voeg die rys by en meng alles goed deur voordat jy ook die tamatie byroer. Maak die tamatiebli­k vol water en gooi dit saam met die sout by die potjie. Maak seker die pot prut rustig, sit die deksel op en prut dit vir 25-30 minute tot die rys en hoender deurgaar is.

Ry & Sleep sê As jy gaar hoender wil hê met rys wat lekker al dente is, is dit belangrik om die hoender en groente lekker te braai sodat dit meer as halfgaar is wanneer jy die rys byvoeg.

Só maak jy

1 Kies ’n diep gietysterp­an met ’n deksel en braai die wors stadig tot goudbruin. Gooi eerder aan die begin ’n bietjie water in die pan as om ekstra olie by te voeg. Sodra die wors in sy eie vet begin braai, sal dit die pan genoeg smeer.

2 Roer die smoor, suiker, kruie en bier by, en prut die mengsel stadig terwyl jy die kluitjies maak.

3 Rasper die botter by die meel in en meng dan die kaas, jogurt en roosmaryn by tot dit soos ’n skondeeg lyk en maklik hanteer. Druk die deeg in ’n plat skyf en gebruik ’n glas om sirkels te druk – jy kan dit ook met ’n mes in blokkies sny. Pak die deegstukke bo-op die smoormengs­el in die pan.

4 Sit die pan oor ’n paar kole en pak ook ’n paar op die deksel. Bak die gereg vir 20 minute of tot die kluitjies gaar is.

Ry & Sleep sê Boerewors, rissiewors óf hoenderwor­sies kan werk in dié gereg. Kies jou gunsteling!

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa