Spekvet en gesond
Die spek gee die delikate vis nie net geur nie, maar keer ook dat dit uitdroog as jy dit panbraai.
Jy benodig
(genoeg vir 4)
4 porsies ferm stokvis
4-8 repe strepiespek 2 eetlepels olyfolie
1 eetlepel sondroogtamatiepesto
1 blik (400 g) gekapte tamaties met kruie
12 groen olywe, gesny
½ klein rooiui, in dun skyfies gesny sout en varsgemaalde swartpeper vars brood om die sous op te mop