Weg! Ry & Sleep

REDAKTEURS­BRIEF

-

‘Ek het nie terapie nodig nie; ek moet net gaan kamp...” Ek is seker daarvan jy het ook al dié meme aanlyn gesien wanneer jy deur sosiale media blaai. Die laaste ruk duik hy nogal gereeld op my skerm op en dit is duidelik al hoe meer mense voel so. Dit wil ook voorkom of almal op al wat ’n Facebook-groep is, wil weet wanneer ons weer toegelaat sal word om te gaan kamp. Daar is nou al boekdele gekryf oor die uitwerking van die grendeltyd op ’n mens se gemoedstoe­stand. Ek is nie ’n sielkundig­e of ’n psigiater nie, maar ek dink dis veilig om te sê die uitwerking daarvan op mense se gemoedstoe­stand is nié goed nie. As ’n mens mooi daaroor dink, boor daardie meme oor terapie en kamp eintlik ’n dieper aar raak. Die essayis John Burroughs, ’n groot dryfveer in die totstandko­ming van Amerikaans­e natuurbewa­ring, het op ’n keer gesê ’n mens gaan soek die natuur om te kalmeer en te genees en om jou sintuie te orden. Is dit nie maar wat almal van ons nou dringend nodig het nie? Terwyl die onsekerhei­d van wanneer ons watter vlak gaan bereik – en wat uiteindeli­k op watter vlak toegelaat gaan word – oor ons kop hang, word ons emosioneel armer omdat ons grense so skielik soveel nader aan ons gekom het en ons nie toegelaat word om wyer as ons onmiddelli­ke omgewing te beweeg nie. Die tyd gaan egter aanbreek wanneer ons weer die natuur kan invaar waar die genesing waarvan mnr. Burroughs praat, in mildelike porsies opgedien word. Tot dan nooi ons jou om ontvlugtin­g te kry op hierdie blaaie en saam met ons in jou verbeeldin­g te reis.

Die tyd gaan egter aanbreek wanneer ons weer die natuur kan invaar waar die genesing waarvan mnr. Burroughs praat, in mildelike porsies opgedien word.

JY HET SEKER al gesien vandeesmaa­nd se tydskrif is duurder as gewoonlik. Dit is omdat ons vir jou die magnetiese ZA-plakker ingesluit het. Ek is seker jy staan – net soos ons – gereed om koers te kies na een van ons buurlande sodra die grense weer oopmaak. Met dié plakker, wat jy kan opsit en afhaal soos dit jou pas, hoef jy jou nie oor wetstoepas­sers se nukke en grille te bekommer nie. Ek het gaan rondkyk, en in die handel betaal jy enigiets van R50 tot R69 vir só ’n plakker. Teen net R15 is hierdie een dus ’n lekker winskoop. Sit hom op jou ryding en stuur vir ons ’n foto. Ons sal vir die volgende drie maande ’n gelukkige wenner kies wat ’n spesiale Ry & Sleep-prys sal ontvang. Bly veilig!

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa