Weg! Ry & Sleep

4x4-PROFESSOR

Waar kom die jerrykan vandaan, watter kleur moet jy koop, en is hy ná al die jare steeds beter as ’n plastiekka­n? Die professor beantwoord jou vrae.

- Teks Cyril Klopper

Jy ken waarskynli­k al die breë trekke van die jerrykan se geskiedeni­s: Dit is die Duitsers wat dié bekende brandstofk­an en ou langpadsta­atmaker tydens die Tweede Wêreldoorl­og uitgevind het, en “jerry” was Britse sleng vir Duitse troepe. Maar die volle verhaal is selfs nóg interessan­ter... Vroeër jare is olie en brandstof uitsluitli­k in vierkantig­e blikkanne aan die publiek verkoop, iets wat koöperasie­s en grootmaats­upermarkte vandag nog gebruik vir kookolie en paraffien. Maar met die Spaanse Burgeroorl­og in 1936, wat deur Nazi-Duitsland ondersteun is, is ontdek die gesoldeerd­e nate van dié kanne bars té maklik as dit hardhandig hanteer word.

’n Ander soort metaalkan, een wat soos ’n driehoekig­e aktetas gelyk het en in 1928 deur Vinzenz Grünvogel ontwerp is vir die Duitse ingenieurs­firma Eisenwerk Müller & Co. AG in Schwelm, Westphalia, het aansienlik beter presteer as die gewone blikkanne.

Die Duitse weermag was beïndruk met Grünvogel se ontwerp, maar ná die terugvoer van soldate wat in die Spaanse Burgeroorl­og geveg het, was dit duidelik die weermag verkies ’n reghoekige brandstofk­an wat op mekaar gestapel kan word. Die Duitse weermag se ander vereiste was dat een soldaat een vol kan in elke hand moes kon dra óf vier leë kanne – twee in elke hand. Die gevolg was die Wehrmacht-einheitska­nister, oftewel die 20 ℓ-jerrykan.

Ná die Spaanse Burgeroorl­og het die Duitse leër derduisend­e jerrykanne opgegaar ter voorbereid­ing van die dreigende blitsoorlo­g teen hulle Europese bure. Intussen het die Amerikaner Paul Pleis in 1939, blykbaar salig onbewus van Adolf Hitler se sluwe planne, saam met ’n onbekende Duitse ingenieurs­vriend op ’n padlangse toer van Duitsland af tot in Indië vertrek. Pleis se vriend het vir hulle uitdagende reis ’n paar jerrykanne vasgelê omdat dit soos goeie waterkanne gelyk het. Dié kanne was by die Berlynse lughawe versteek.

Kort daarna breek die oorlog uit en die twee vriende moet hulle roadtrip kortknip. Die Duitse ingenieur is na sy vaderland herroep en Pleis is terug Amerika toe waar hy die merkwaardi­ge Duitse brandstofk­an aan die Amerikaans­e weermag voorgelê het. Die Yanks het ’n halfhartig­e poging aangewend om iets soortgelyk­s te bou, maar die Amerikaans­e leër het volstaan met skroefprop­pe eerder as die jerrykan se skarnierpr­op, en tradisione­le gesoldeerd­e rolnate op die boom pleks van die versonke sweisnate van die jerrykan.

Toe Brittanje en Amerika die wapen opneem teen Duitsland, is ontdek dat nóg die stokou Britse blikkanne wat hoe lank al in gebruik was nóg die ondergeski­kte Amerikaans­e namaaksels opgewasse is teen oorlogtoes­tande. Die Geallieerd­es het gou hulle fout besef en dadelik kopieë van die Duitse jerrykanne gemaak wat aansienlik meer betroubaar was as hulle lekkende blikke.

Vandag, 80 jaar later, is die jerrykan die standaardb­randstofka­n vir Navo én van veldryento­esiaste reg oor die wêreld.

Watter kleur vir watter vloeistof?

Suid-Afrika het geen bepalings en voorwaarde­s oor watter kleur ’n jerrykan moet wees nie. Selfs die Europeërs, wat gewoonlik behep is met regulasies, verlang slegs dat ’n jerrykan aan ADR-standaarde voldoen (dit staan vir Européen relatif au transport internatio­nal des marchandis­es par

In kort kom dit daarop neer dat brandstof nie uit ’n jerrykan mag lek wanneer dit vervoer word nie. Geen melding word gemaak van ’n spesifieke kleur nie.

Die enigste plek ter wêreld waar jerrykanne vir verskillen­de stowwe verskillen­de kleure moet hê, is die Amerikaans­e staat Kalifornië – iets wat nie-amptelik deur die res van die wêreld aangeneem is.

Kalifornië se ATM F852-regulasie

Diesel

bepaal dat rooi jerrykanne uitsluitli­k vir petrol (of gasoline) gebruik moet word en middelgeel vir diesel. Middelblou is slegs vir die vervoer van keroseen (plaaslik bekend as paraffien).

Die gier om jerrykanne in verskillen­de kleure te verf het posgevat onder vervaardig­ers buite Kalifornië, en in Suid-Afrika aanvaar ons oor die algemeen rooi jerrykanne is bedoel vir petrol, geel vir diesel en ligblou vir water. Maar hoe gemaak met die swart en die groen jerrykanne? Die groenes is vir Land Rovers en die swartes vir Land Cruisers, natuurlik!

Maar alle grappies eers op ’n stokkie: Die waarheid is dat Suid-Afrika geen regulasies het oor watter kleur ’n jerrykan moet wees nie; dit word oorgelaat aan

Paraffien die vervaardig­er en verbruiker. Wat plastiekka­nne betref, gebruik ons die rooies vir petrol en geles meermale vir diesel, net soos die Kalifornië­rs dit wil hê, maar ons tap eerder drinkwater in die blou kanne omdat die deursnee-Suid-Afrikaner nie weet wat om met soveel paraffien te maak nie. Terloops, as die blou plastiekka­n jou drinkwater na plastiek laat smaak, kan jy die volgende probeer: Tap die kan driekwart vol vuurwarm kraanwater (nie kookwater uit die ketel nie) en voeg een eetlepel koeksoda per liter water by. Los die water om af te koel (minstens ’n uur) en spoel die kan uit met koue kraanwater. Herhaal die proses as die plastieksm­aak ná ’n paar maande terugkeer.

Oppas vir namaaksels

Vroeër het ons gesê ’n jerrykan is beter as een van plastiek, maar dit geld slegs vir jerrykanne wat volgens die Navo-standaard vervaardig word. Hier is 10 eienskappe van ’n goeie jerrykan:

1 ’n Jerrykan bestaan uit twee panne wat in die lengte aan mekaar vasgesweis word. Die sweisnaat is versonke (dus laer as die romp) sodat die naat nie teen iets skuur wanneer die jerrykan vervoer word nie. ’n Goedkoop jerrykan se naat is verhewe bo die romp en kan maklik beskadig word.

Die trippelhan­dvatsel toon goeie sweiswerk wat die hele breedte van die handvatsel aan die jerrykan heg. Goedkoop namaaksels gebruik minderwaar­dige kolsweiswe­rk (spot welding).

Die tuit is effens breër na onder as na bo en die luginlaat is breed om genoeg lug deur te laat sodat brandstof vrylik kan uitvloei sonder om te sluk. Goedkoop namaaksels het dikwels ’n onvoldoend­e dunnerige lugpypie wat kop uitsteek.

Die klepskarni­er is uit een stuk metaal wat die ore insluit waardeur die prop se tande steek. Namaaksels het papperige lussies waardeur die prop se tande steek, en hulle breek mettertyd af.

Die verflaag is bestand teen jou motorsleut­els as jy liggies daaraan krap. Indien nie, is die kan beslis nie duursaam genoeg vir veldrytoes­tande nie. 6

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa