Weg! Ry & Sleep

Warm van die koue

Hulle het ’n jaar of twee gelede die Kaap vir Sutherland verruil, sê Chantél Fourie. Nou word die rustige omgewing se windpompe, skoon nagte en dramatiese wolke op haar Huawei P10-foon vasgevang

- Deur Leon Botha

Graskoppie

“Reën is skaars op Sutherland. Ons was seker so ’n jaar op die dorp toe dié donker wolke oortrek. Ek en my dogter, Xanté, was op pad winkel toe, en toe ek by die stopstraat stilhou en kant toe kyk, het die windpomp se blink lemme my oog getref. Ek het my foon uitgekry, die lens afgevee en begin foto’s neem.”

Die slim komposisie trek dadelik ’n mens se aandag, en buiten dat die windpomp se lemme duidelik uitstaan, lei die komposisie­lyne jou oog tot by die fokuspunt: Die drie boomtoppe links van die windpomp vorm ’n diagonale lyn tot by die lemme; die gras (wat yl regs begin) loop in die rigting van die windpomp; en die donker bossies op die voorgrond lyk of dit so gepak is om jou aandag tot by die windpomp te lei. Hierdie drie elemente werk goed saam terwyl die donker wolke in die agtergrond die helder voorgrond laat uitstaan. Die wolke verleen boonop aan die foto ’n dramatiese gevoel.

Die foto het nie regtig veel kleur nie. Indien jy dit dus na swart-en-wit verander, kry dit selfs groter trefkrag. En as jy dan die kontras verhoog, voel dit of daar enige oomblik ’n donderstor­m gaan losbars. Omdat die gras nou die ligste element op die foto is, trek dit eerste jou aandag – en dit word saam met die windpomp die fokuspunt. Die gras herinner ’n mens aan swart-en-wit weergawes van infrarooi foto’s waar alles wat fotosintee­r, wit vertoon.

Die bousel op die agtergrond is effens steurend, maar die foto bly nietemin ’n wenner.

... en ons plaas dit dalk hier. Ons soek nie die tradisione­le “kompetisie­wenners” nie; net doodgewone foto’s wat vir jou mooi is. Van ’n foto wat jy dadelik as jou nuwe tuisbladfo­to op Facebook gebruik regdeur tot kinders wat in die swembad plas. Of dit met ’n gróót kamera of jou selfoon geneem is, dit maak nie saak nie. CHANTÉL FOURIE wen ’n ter waarde van R520 met haar foto – veels geluk!

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa