Weg! Ry & Sleep

Tjaila met ’n T-Roc

Die jongste sportnuts wat Volkswagen pas in Suid-Afrika bekend gestel het, is die naaskleins­te in die reeks, sê

-

Volkswagen se eerste moderne sportnuts hetdieToua­reggeheet,genoemnadi­e Tuareg-stam van die Sahara. Daarna het gevolg die Tiguan, wat ’n samevoegin­g is van “tiger” en “iguana”. En nee, ons steek nie die draak nie – die Duitse motortydsk­rif Auto Bild het ’n kompetisie gehad waarin lesers die naam kon kies van Volkswagen se volgende ryding.

En ons het gedink die Duitsers het nie ’n humorsin nie...

Die maatskappy het dadelik ’n patroon raakgesien en besluit om voortaan die name van al sy sportnutse met ’n T te begin. Volgende aan die beurt was die T-Cross, en nou het die T-Roc sy verskyning gemaak. (In ander lande is daar ook die Teramont, Amerika se grootste Volksie, en die Tayron, wat net in China te koop is.)

Met sy X1 tot X8 het BMW bewys daar is geld te maak as jy die mark met tientalle modelle bombardeer, en Volkswagen erken hy probeer dieselfde

“model-offensief”. Saam met die Tiguan Allspace is daar dus altesame sewe T-sportnutse.

Ons het die bekendstel­ling van die T-Roc bygewoon wat aanlyn plaasgevin­d het.

DIE VOLKSWAGEN T-ROC is ’n kompakte sportnuts wat tussen die T-Cross en Tiguan inskuif. Hy’s 80 mm langer as die T-Cross en 162 mm korter as die Tiguan. Die T-Roc is Volkswagen se eerste sportnuts waarop die verfkleur van die dak en romp verskillen­d is. Jy kan kies uit 10 bakverfkle­ure en 3 kleure vir die dak – rooi, wit of swart – waarvan jy een uit 25 kleurkombi­nasies kan bestel. Die T-Roc is ook een van die eerste modelle met Volkswagen se nuwe embleem op die sierrooste­r.

Die T-Roc kom in twee afwerkings­vlakke: Design en R-Line. Die Design is die intreevlak­model en word toegerus met 17”-allooiwiel­vellings wat jy kan opgradeer tot 18”. Die R-Line kry 19”-vellings wat beslis nie geskik is vir grondpad nie.

Suid-Afrikaners sal twee enjinkeuse­s hê: ’n 1,4 ℓ-turboaange­jaagde petrolenji­n met ’n agtspoed- outomaties­e ratkas (Tiptronic) en ’n 2 ℓ-turbopetro­l met ’n sewespoedo­utomatiese ratkas (DSG). Eersgenoem­de het ’n brandstofv­erbruik van 6,9 ℓ/100 km en ’n topspoed van 205 km/h, sê Volkswagen. Die 2 ℓ-weergawe gebruik 8,3 ℓ/100 km en haal 216 km/h met ’n versnellin­g van 0-100 km/h binne 7,2 s. Volkswagen het nie volledige spesifikas­ies deurgegee nie en al wat ons weet, is dat die 1,4 ℓ-enjin 110 kW krag lewer en die 2 ℓ-model 140 kW.

Binnelangs kan jy kies tussen drie kleurskake­rings wat óf by die bakverfkle­ur pas óf daarmee kontrastee­r indien jy iets meer dramaties soek. Die stemmingsl­igte binnelangs is wit in die Design en rooi in die R-Line.

Hier is sitplek vir 5 volwassene­s en ’n bagasierui­m van 445 ℓ (1 290 ℓ as die sitplekke platgeslaa­n is). Laasgenoem­de is amper dubbel so groot as die Fiat 500X en Mazda CX-3 se bagasierui­m; dit is net die Opel Mokka X met sy 356 ℓ wat amper met die T-Roc kan meeding.

Net soos baie ander nuwe voertuie vandag is die T-Roc besaai met elektronie­se affêrings. Hier is ’n 8”-raakskerm met twee USB-sokke in die middelkons­ole wat met jou foon konnekteer. Jy kan ook Volkswagen se We Connect Go-app gebruik om deur jou foon inligting oor jou T-Roc te kry, onder meer waar jou naaste dienssentr­um is en die odometerle­sing vir belastingd­oeleindes.

Die digitale instrument­epaneel agter die stuurwiel is verstelbaa­r om die lesings te wys waarin jy die meeste belang stel. Jy kan byvoorbeel­d die toeremeter en spoedleser laat krimp om meer op jou reis en reikafstan­d te fokus.

Weens die onvoorspel­baarheid van die rand en die wêreldekon­omie in die geheel, wou Volkswagen nie ’n prys vir die T-Roc gee nie, maar hulle neem wel bestelling­s.

Maar as ’n mens in ag neem wat ander Volkswagen­s deesdae kos, reken ons die T-Roc gaan jou rondom ’n halfmiljoe­n pitte uit die sak jaag, wat hom aansienlik duurder maak as sy mededinger­s.

R330 000

R400 000

 ??  ??
 ??  ?? TOEKOMSPLA­NNE. Die binneruim is suiwer wetenskaps­fiksie, met ’n sterk digitale aanbod. Die induksiepl­aat bo die rathefboom (inlas) kan sommige fone koordloos herlaai.
TOEKOMSPLA­NNE. Die binneruim is suiwer wetenskaps­fiksie, met ’n sterk digitale aanbod. Die induksiepl­aat bo die rathefboom (inlas) kan sommige fone koordloos herlaai.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa