KYK MOOI NA JOUSELF
Terwyl Suid-Afrika al vier maande onder inperkingsregulasies gebukgaan, is kampterreine, oorde en reservate steeds gesluit. Wanneer ons wel weer kan gaan kamp, is daar ’n paar dinge wat ’n mens moet onthou – ter wille van almal se gesondheid.
Die nuwe normaal, die tyd van Covid-19 en verskillende fases van inperking. Noem dit wat jy wil, maar die werklikheid is dat dié pandemie wêreldwyd verwoesting saai. Suid-Afrikaners is taamlik vroeg onder inperking geplaas, maar teen die tyd dat ons dié tydskrif drukkers toe gestuur het – en met die land in die kloue van die winter – was alle aanduidings dat ons nie die voorspelde hoogste vlakke van infeksies en sterftes bereik het nie.
Vroeg in Julie het ons die 220 000-kerf vir positiewe gevalle verbygesteek (op 12 na die hoogste ter wêreld) met ’n tragiese 3 602 sterftes. Die 106 842 mense wat positief getoets het maar herstel het, is wel bemoedigend.
Gauteng, wat ons digbevolkste provinsie is, het ook die Wes-Kaap verbygesteek wat betref positiewe gevalle per dag. Dit is groot rede tot kommer vir die kampbedryf, want die meeste vervaardigers en kampterreine is hier en in die omgewing geleë. Boonop is die moontlikheid nie uitgesluit nie dat sekere brandpunte kan terugkeer na strenger inperkingsmaatreëls.
Die vlak 3-regulasies is effens verslap, en hotelle en soortgelyke verblyfverskaffers is toegelaat om weer handel te dryf onder streng voorwaardes. Ons is ook toegelaat om op selfry-uitstappies te gaan, mits ons nie ons provinsie of, in sekere gevalle, stadsgebied verlaat nie.
Dit kan egter nie vir altyd so aanhou nie, en in die komende weke en maande móét ons in ’n stadium weer toegelaat word om te gaan kamp. Maar hoe doen ons dit op ’n veilige manier tot die wetenskaplikes met ’n entstof vorendag kom?
Beperkte besprekings
Kom ons gebruik die voorbeeld van maatskappye wat hulle werkmag in vlakke teruggebring het: In die begin het hulle op 30%-kapasiteit gewerk. Dit is ’n maklike manier om seker te maak jy het nie te veel mense saamgebondel nie en stel jou ook in staat om elke tweede of derde staanplek beskikbaar te stel vir besprekings.
By Merry Pebbles in Mpumalanga aanvaar hulle besprekings totdat 20% van die kampterrein vol is, maar sê ook hulle kan nie bekostig om veel langer gesluit te bly nie.
Die Kleine Bela-oord het agt staanplekke vir twee weke op ’n slag beskikbaar gestel vir isolasiedoeleindes – ’n slim manier om langtermynbesprekings te verseker.
’n Versigtige verwelkoming
Dis goed en wel om aanlyn besprekings te neem en vrae te beantwoord, maar wanneer gaste opdaag, verhoog die moontlikheid natuurlik dat die virus kan versprei. Dit is dus van kritieke belang dat gaste én die personeel wat hulle ontvang, gesigmaskers dra.
Besoekers se temperatuur moet ook geneem word, maar wees bedag daarop dat nie al die infrarooi termometers ewe betroubaar is nie – wees veral versigtig vir die goedkoper modelle.
Die personeel se wenkbroue gaan wel
Reinig, reinig, reinig
lig as jy of iemand in jou familie simptome toon wat met Covid-19 vereenselwig word – dinge soos ’n loopneus (wat minder opmerklik sal wees onder jou masker), ’n droë hoes en diarree.
Oor die minder opsigtelike simptome – soos ernstige moegheid en ’n toe neus – gaan hulle op jou eerlikheid staatmaak. By ATKV-oorde gaan besoekers met griepsimptome prontuit gevra word om hulle
Die aanraking tussen individue én items en goedere moet ook beperk word, en in gevalle waar dit onvermydelik is, moet goedere deeglik ontsmet word.
Dit sluit in die pen waarmee jy inteken, die afstandbeheer vir die veiligheidshek en die sleutel vir die badkamer wat jy gebruik terwyl jy op ’n plek kamp.
Van die groter oordwinkels of restaurante sal waarskynlik gesluit bly, tensy toegang streng beheer word en handreiniger en ’n temperatuurtoets by die ingang beskikbaar is. In baie gevalle is oordrestaurante oop, maar slegs vir wegneemetes.
Kontant wat van hande verwissel, is ’n moeiliker situasie. Dalk is dit hier nodig dat kampplekke aandring op elektroniese betalings óf dan masjiene aanskaf waarteen jy net jou kaart kan druk (die sogenaamde tap-funksie), soos in die meeste winkels. bespreking uit te stel of kanselleer. By oorde waar daar nie noodwendig ’n ontvangskantoor is nie – of waar ander soort verblyf aangebied word, soos by die Bonnievale River-lodge – is die risiko laer en kon hulle onder vlak 4 reeds sakereisigers ontvang. Die kampterrein was egter gesluit.
G’n speletjies
Sommige mense gaan kamp om afgesonder of alleen saam met hulle mense te wees, maar een van die lekker aspekte van kamp is die sosiale aard daarvan. Dit sal natuurlik steeds moontlik wees om saam te braai of ’n drankie in die kampterrein te geniet, maar handhaaf steeds sosiale afstandsmaatreëls.
Gemeenskaplike gebiede by oorde en kampterreine, veral swembaddens, speelparkies en speletjieskamers, bly ’n netelige saak, maar dit lyk of die ATKV deeglik hieroor besin het. Hulle stel vasgestelde swembeurte vir staanplekke en eenhede voor om seker te maak dis net ’n beperkte aantal mense wat op een slag bymekaar is. Speelparkies en speletjieskamers word onderskeidelik twee keer per dag en elke twee uur gereinig. Waterberry Park se swembad sal eers in die somermaande weer oop wees.
Veral gesinne met klein kinders moet hiperversigtig wees in hierdie onseker tye, want gesigmaskers word nie aanbeveel vir babas en kinders onder 2 jaar nie.
Hoewel kinders nie in die kwesbaarste groep val nie, is hulle immuunstelsel nog aan die ontwikkel. Baie SuidAfrikaanse skole tas nog rond oor hoe om kinders te laat terugkom skool toe, maar ’n raserige speelterrein vol gelukkige kinders is ongelukkig iets van die verlede, want tans word géén kontak toegelaat nie.
Wanneer ’n mens gaan kamp, is dit gewoonlik tyd om jou skoene uit te skop en effens minder streng te wees met die kinders. Dit bly egter ouers se verantwoordelikheid om seker te maak hulle kinders hou by die kampplek se veiligheidsmaatreëls.
Ouers moet ook nugter dink as ’n kind aan die vooraand van ’n kampwegbreek siek word. Die laaste ding wat jy wil hê, is dat die virus onwetend oorgedra word terwyl die kleintjies speel. En onthou daardie maskers!
Dit geld egter nie net vir kinders nie, maar ook vir grootmense. Of jy nou gaan stap, fietsry, swem of braai, dit is in ons almal se belang om gehoor te gee aan die regulasies – dié wat deur die regering ingestel is, maar ook die maatreëls by elke kampplek.
Bly veilig daar buite
Daar is steeds baie neebroers en mense wat gelukkig genoeg is om in hierdie pandemie gesond en in die fleur van hulle lewe te wees. Jy mag dalk nie so kwesbaar wees soos ander nie, maar jy kan steeds die virus kry en oordra aan iemand wat meer kwesbaar is. Kom ons neem mekaar te alle tye in ag. Sien jou binnekort in die kampterrein.
Die wet oor ligte op voertuie is nie so eenvoudig as wat ’n mens dalk dink nie – daar’s ’n hele paar regulasies ter sprake. Regulasie 159 van die nasionale verkeerswetgewing lui ’n voertuig se hooflig mag nie hoër as 1,4 m bo die padoppervlak wees nie en nie laer as 450 mm nie. ’n Hooflig moet ook binne 400 mm van die kant van die voertuig af wees. (Dit sluit natuurlik motorfietse en driewielvoertuie uit).
’n Voertuig mag aan elke kant van die voorkant een hooflig hê wat kan wissel tussen ’n hoofstraal (brights) en ’n gedempte straal (dim). (Sien illustrasie 1.) ’n Voertuig mag aan elke kant van die voorkant een hooflig hê wat slegs ’n hoofstraal kan werp plus een lig wat slegs ’n gedempte straal kan werp. (Sien illustrasie 2.) ’n Voertuig mag aan elke kant van die voorkant een hooflig hê wat slegs ’n gedempte straal kan werp plus twee hoofligte wat slegs ’n hoofstraal kan werp. (Sien illustrasie 3.) ’n Voertuig mag aan elke kant van die voorkant een hooflig hê wat kan wissel tussen hoof en gedemp, plus een lig wat slegs ’n hoofstraal kan werp. (Sien illustrasie 4.)
Die bewoording van die wet
gewing kan geïnterpreteer word dat jy ’n maksimum van ses hoofligte (sien illustrasie 3 en 4) aan die voorkant van jou voertuig hê.
Regulasie 160 van dieselfde wetgewing lui ’n hooflig se hoofstraal moet die bestuurder in staat stel om ’n ander voertuig of persoon minstens 100 m ver in die donker te kan sien. ’n Hooflig moet ook ’n skakelaar hê waarmee jy die hoofstraal kan aanen afskakel of demp.
Regulasie 161 bespreek die eienskap van ’n gedempte lig deur die volgende formule te gebruik: {{(h_1~-~h_2)} oor L}~x~100, maar ook wáár die straal op die padoppervlak val, volgens die formule 200 x h1. Ons gaan eerder nie die berekening hier bespreek nie – glo maar net as daar ’n SANS-, SABS- of E-waarmerk op jou voertuig se hooflig is, voldoen dit aan die vereistes van regulasie 161. minimum maksimum mits dit aan die voorwaardes van regulasie 159 voldoen. Met ander woorde ’n voertuig mag aan elke kant van die voorkant een hooflig hê wat kan wissel tussen hoof en gedemp, plus een wat slegs ’n hoofstraal kan werp (jou kollig). Dit moet binne 400 mm van die kant en niks hoër as 1,4 m en niks laer as 450 mm van die padoppervlak af wees nie.
Uitsonderings is daardie klein oranje (soms groen) liggies op vragmotors se dak, en die vorige lampe bestaan – ongeag of dit die E-, SABS- of SANS-waarmerk het. Tog word LED-dagryligte – op ieder en elke moderne voertuig – nie as ’n oortreding beskou nie.
Dit is om dié rede dat verkeersbeamptes nie konsekwent is met die toepassing van die wet nie. Die feit is daar ís nie duidelikheid oor kolligte nie. ’n Redelike verkeersbeampte sal een paar LED-kolligte op jou bosbreker oorsien, maar nie ’n ligstaaf met ewe veel LED’s toelaat nie. >
XENON
breker wou aanbring, kolligte bo die voorruit in die middel van die dak wat vorentoe skyn, en spreiligte langs die kolligte
– ook op die dak – wat die veld langs die pad ophelder. Én dan ’n verstelbare kollig wat ons met die hand ronddraai sodat jy
’n foto kan neem van ’n luiperd met sy prooi hoog in ’n boom. Dit is helaas verbode, selfs al hou dit jou veilig.