Weg! Ry & Sleep

Korrel nou mooi...

- Die tjops oraloor met die speserye plus sout en peper na smaak.

LAMSKERRIE­POT MET KLAPPERRYS

Met ’n alles-in-een potjie soos dié is opskep omtrent verspotmak­lik. (genoeg vir 6)

2 eetlepels olie

1 kg lamsboud, in blokkies van

3 x 3 cm gesny

1 ui, fyngekap

2 selderyste­le, fyngekap

2 wortels, fyngekap

25 g Rogan Josh-kerriesmee­r (ons het Woolworths s’n gebruik) 1 blik (400 g) gekapte tamatie 2 koppies vleisaftre­ksel

1 koppie langkorrel­rys

1 teelepel mosterdsaa­djies

’n paar kerrieblar­e (opsioneel)

1 klein blikkie (165 ml) klappermel­k 1 blik (400 g) kekerertji­es, gedreineer

1 Verhit die olie in ’n platboompo­t en braai die vleis in sarsies mooi bruin. Skep die vleis uit sodra al die blokkies goed gekaramell­iseer het, en braai dan die groente tot glansend. Skep die vleis terug in die pot saam met die kerriesmee­r, tamatie en 1 koppie aftreksel. Sit die deksel op die potjie en prut dit rustig vir minstens 2 uur met net ’n paar kooltjies onder en bo-op die pot.

2 Stoom die rys volgens die aanwysings op die pakkie – voeg die mosterd en kerrieblar­e aan die begin by die water. Wanneer die rys halfgaar is, dreineer en meng dit met die klappermel­k.

3 Roer die kekerertji­es by die vleispot en kyk of die mengsel vir jou souserig genoeg is – indien nie, voeg nog 1 koppie aftreksel by. Geur dit na smaak met sout en varsgemaal­de swartpeper.

4 Skep die klapperrys bo-op die vleis, sit die deksel terug en stoom dit weer met ’n paar kooltjies bo-op en onder die potjie vir nog 20-30 minute. Sit dit voor met tamatie-en-uieslaai.

Dit belangrik om aan kitskerrie­smeer te proe voor jy dit byroer – om seker te maak die hitte is na jou smaak. Kies ook ’n handelsnaa­m wat jy vertrou. 1 Vryf

1 Meng al die bestanddel­e vir die marinade saam en giet dit oor die hoender. Laat dit vir sowat 1 uur eenkant staan om te marineer terwyl jy die vuur aansteek – jy gaan matige kole nodig hê.

2 Ryg die hoender, uieblare en soetrissie­blokkies om die beurt op houtstokki­es wat in water geweek is (dit keer dat die stokkies vlamvat oor die kole).

3 Braai nou die hoender rustig oor matige direkte kole. Wees baie versigtig en maak seker jy brand nie die hoender nie – onthou, daar’s suiker in die marinade.

4 Verf elke nou en dan van die ekstra marinade oor die hoender en onthou om dit iewers te geur met sout en peper na smaak. Braai dit totdat die hoender gaar is met ’n lekker bros, vlamgeskro­eide buitekant.

Die marinade neig na die soet kant. As jy hou van ’n byt, oorweeg ’n sterker masala of kerriepoei­er.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa