Weg! Ry & Sleep

NOU TE KOOP!

-

Dit is nog vroegmôre in die Richtersve­ld toe ek die Cruiser links swaai in die Abiquarivi­er se loop af om tussen die ongeloofli­kste mooi klipformas­ies te ry wat bo die rivierloop uitgekerf staan.

Die afgelope week het die reën geval in dié barre aarde, en plek-plek staan nog ’n poel water nadat die rivier afgekom het. Ek weet maar te goed ek moet versigtig wees, want as jy híér vasval, is dit g’n grap nie. Hier is niemand wat kan help nie en teen einde Oktober raak dit goed warm in dié geweste.

Omdat die rivier afgekom het, het die ou sandspoorp­ad verspoel en ek moet my eie koers vind. Gelukkig ken ek die wêreld goed en ek weet darem min of meer waar om uit te swaai en wanneer ek langs die rivierloop kan hou.

Voor my draai die rivierloop na links, en ook hier is water. Ek kyk vinnig links en regs, maar besef gou ek kan nie hier draai nie. Vorentoe is die enigste antwoord. Die situasie is niks nuuts vir my nie. Ek weet al jy roer net die Cruiser so effens en hou dan jou momentum tot jy anderkant uit is.

Maar dié slag werk dit nie. Die sagte en modderige sand kry die Cruiser beet en dis amper asof hy tot op sy onderstel ingesuig word. Ek gee versigtig vet, maar ek sit pens en pootjies vas, met al vier wiele wat in die rondte tol.

EK IS DAREM NIE alleen in die Cruiser nie. Volker is een van my Duitse klante en hy is op sy tweede ekspedisie saam my hier deur die Richtersve­ld.

Ek en Volker het laasjaar hier gery toe hy met sy ouskoolse Pentax K1000-kamera skyfies kom neem het. Selfs vir iemand met my lekekennis was dit duidelik die Duitser het ’n goeie oog vir ’n foto. Met sy laaste besoek het hy nie minder nie as 38 rolletjies film gekiek, maar daar het glo iets skeef geloop met die ontwikkeli­ng. Daarom is hy weer hier langs my. ’n Mens het nie regtig ’n rede nodig om terug te keer Richtersve­ld toe nie, maar syne het vir my heel geldig geklink.

Maar hier sit ek en Volker nou, tot op ons onderstel in die moeilikhei­d. Ek kan egter nie vir dié betalende klant wys presies hóé diep in die verknorsin­g ons is nie. “What now?” vra Volker toe ek uitklim. “No problem,” antwoord ek doodkalm. “We make a plan.”

Die Cruiser sit vas in ’n pappery van sand en modder en ek sak tot by my knieë weg. Moeilikhei­d. Ek beur vorentoe tot ek uiteindeli­k op droë grond is, stap ’n draai en probeer die gemors uit ’n ander hoek bekyk. Dalk lyk dit van daar af beter. Maar ek weet wat op my wag...

EK HET NIE ’n wenas nie, maar wel ’n lang statiese strop en my hoogligdom­krag. Hiermee behoort ek die Cruiser te kan uitkatrol. Ons behoort oukei te wees.

Ek rol die strop uit – een punt met ’n boogskakel aan ’n boogstrop wat weer aan twee punte aan die onderstel vas is met nóg boogskakel­s. Ek maak ook ’n veiligheid­strop van ’n ander punt op die onderstel aan die boogskakel aan die statiese strop vas.

Gelukkig is daar ’n yslike stuk rots agter die voertuig waaraan ek die ander punt van die strop kan anker. Ek span ’n breë strop om die rots en ek is heel in my noppies met alles wat so mooi pas. Die hoogligdom­krag behoort nie te sukkel om die spulletjie uit te katrol nie.

Dit vat my egter ’n hele tydjie om alles gereed te kry, en intussen staan Volker aandagtig en kyk hoe ek alles aanmekaars­it. Ek begin katrol en werk die hefboom heen en weer, heen en weer. Die strop trek styf en word net langer en langer. Ek werk die hele lengte van die 1,2 m domkrag deur, maar dit help niks nie. Al wat gebeur het, is dat die strop nou langer is.

Nou ja, so vang slim sy baas. Vir dié truuk het ek eintlik ’n kabel nodig en nié ’n strop nie.

DIS TYD OM ’n ander plan te maak. Ek besluit ek gaan probeer om die Cruiser se wiele met die hoogligdom­krag op te lig en dan klippe onder te pak. Gelukkig het ek ’n lekker groot basisplaat wat ek as stewige voetstuk vir die domkrag kan gebruik.

Die plan werk verbasend goed op die modderige grond. Die domkrag sak nie weg nie en lig jou wrintiewaa­r die wiele hoog genoeg. Ek toets die plan eers net op die agterwiele en maak hulle mooi op platterige klippe staan. Ek klim in, sit die Cruiser in trurat en violà! Vir Volker het dit dalk gelyk of die Cruiser net ’n simpel sprongetji­e teruggee in die gemors in, maar vir my is die kar nou sowat 20 cm nader aan droë grond as wat hy ’n oomblik gelede was.

Ek takel nou al vier wiele een vir een. Volker besef dit sal vinniger gaan as hy hand bysit en dra ewe entoesiast­ies klippe aan. Lig op en pak klippe, lig op en pak... en dan ’n klein sprongetji­e nader aan die verlossing.

Nadat ons die proses ’n goeie agt keer herhaal het, byt die Cruiser se bande skielik en hou aan ry uit die gemors uit. Ons is vry!

Ek stel voor ons draai eerder nou om en ry met die lang pad verder. Volker hou egter vol ons druk deur. Heel duidelik het die avontuurgo­gga hom gebyt. Ons druk deur, en ’n entjie verder is ons deur die sogenaamde Kliphek waar ons ons lyn oor die groot klippe versigtig moet kies. Hier is ook dele wat amper moerasagti­g is, maar met Volker op die punt van sy sitplek is ons sonder voorval deur. hy glo tóé eers die kamera behoorlik onder die knie gehad, en die daaropvolg­ende jaar het hy weer ’n nuwe en beter kamera aangeskaf.

Uiteindeli­k het hy vyf keer saam met my deur die Richtersve­ld getoer, en elke keer het hy sy terugkeer op die een of ander manier geregverdi­g.

Ek het later gehoor hy gaan elke jaar Kgalagadi toe waar hy in ’n huurmotor op daardie berugte sinkplaatp­aaie ry. Daarna vaar hy die Richtersve­ld vir ’n week saam met my binne, en dan gaan bring hy ook ’n week in die Sederberg deur.

Ons Richtersve­ld-toere was altyd in uiterste weersomsta­ndighede waar die kwik in die omgewing van 50 ºC gedraai het. Maar hy het dit getrotseer sonder klagtes, en saans sou ons vir mekaar sê dat ons nie kan gaan lê voor die kwik onder 33 ºC is nie.

Die Richtersve­ld het ’n spesiale bekoring wat jou jaar ná jaar teruglok. Net soos met dié Duitser die geval was.

Dankie vir die lekker tye, Volker Jodeleit. Jy moet ’n slag

weer foto’s kom neem.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa