Weg!

Dit hael wraggies in die woestyn!

-

Sowat 130 mm – dís hoeveel reën geval het in die Nossob-ruskamp in die Kgalagadi-oorgrenspa­rk – in één uur! Op 7 April rondom 2.20 nm. het ’n hengse haelstorm losgebars. Haelballe – sommige so groot soos gholfballe – het neergeklet­ter op voertuie, tente, bome en diere. (Terloops, terug by die huis het die versekerin­g ons voertuig afgeskryf.)

Die hael het die ablusieblo­k en winkel se vensters gebreek, windskerms versplinte­r, tente geskeur en gazebo’s verniel. Die wind het tafels, breekware, tentpenne en seilskerms tot sover as 50 m weggesling­er!

Ongelukkig het van die kleiner diere, soos grondeekho­rings, voëls en selfs ’n pofadder in die slag gebly.

Die SANParke-personeel het ekstra tente opgeslaan en die nat klere en komberse is in die waskamer gehang. Kampeerder­s moes hulle tente na hoërliggen­de dele skuif.

Die pad tussen die Dikbaardsk­olkpieknie­kplek en Nossob het ’n rivier geword. Mense het gesukkel om deur te ry en ander moes terugkeer na die Twee Rivieren-ruskamp. Mense het ook in konvooi gery en mekaar uitgesleep indien nodig.

Ek het na die skuiling gegaan en die Nossobrivi­er sien vloei – wat ’n gesig!

Die ervaring het ons nuwe respek vir die natuur gegee. AMANDA EN DENNIS WALDEN,

Johannesbu­rg SKRYF AAN ONS EN WEN!

Amanda wen ’n Zartek ZA748-tweerigtin­gradiostel ter waarde van R2 000. Die ZA-748 het uitstekend­e klank en reikwydte binne en buite. Dis kompak maar duursaam en sal op die langpad hou. ’n Li-ION- herlaaibar­e battery is ingesluit; dit hou sowat 35 uur. Lees meer by

zartek.co.za

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa