Weg!

Williston Mall

-

’n Mens sien baie ooptes op ’n reis tussen Noord-Kaapse dorpies soos Sutherland, Calvinia, Carnarvon en Williston. Daar is veld so ver as wat jou oog kan sien; die eentonighe­id word net elke nou en dan deur ’n skaap of ’n korbeelhui­s of twee verbreek.

Op só ’n reis lê daar gewoonlik ’n hittewasig­heid op die horison, en is jy honger en op soek na ’n aftrekplek. Moenie verder soek as die Williston Mall nie. Ja, jy’t reg gehoor, mall... Dis die vreemdste oase suid van die Limpopo. Dis ’n restaurant, kroeg (die Doppies-kroeg), winkel en teater wat versier is met ou padtekens, geroeste wielvellin­gs en verkoelerr­oosters, emmers en bra’s wat uit die plafon hang, plaasimple­mente wat ingespan word vir nuwe take, ses katte wat in die son lê en Kooks, die “onbevestig­de” Jack Russell. Die kinders sal mal wees hieroor!

Kies ’n skadukol en skop jou skoene uit. Die spyskaart het vinnige etes soos geroosterd­e broodjies, maar bêre ’n plekkie vir die plaaslike lamsvleis. Maar dis eintlik hulle melkskomme­ls (R28) wat die Karoo aan die praat het. As jy in die eerste naweek in September hier deurry (1-3 September), maak ’n draai by die jaarlikse Williston-winterfees. Dié fees is bekend vir die viering van rieldans. Kom skop ’n bietjie stof op! Oop Kom vroeg – dis nie heeldag oop nie. Maandag tot Saterdag 7.30 vm. tot 1 nm. en dan 5 nm. tot 9 nm. Maar hulle sluit in die aande as daar nie gaste is nie – bel dus vooraf om seker te maak. Waar? Hodgsonstr­aat 3, Williston Kontak 072 018 7288 (Elmarie) of soek hulle op facebook.

– Sam Reinders >

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa