Weg!

C. Johan Bakkes

-

Warmste of koudste plek? Ek hou meer van die woestynwêr­elde, maar tussen dié twee kies ek die koudste. Rusland is ’n ongeloofli­ke land met ongeloofli­ke mense.

Professor, ouditeur, skrywer, avonturier... dra verskeie hoede. In sy nuwe en sewende boek,

vertel hy van twee merkwaardi­ge reise, na Ethiopië en Rusland.

Wie dink jy sal die boek geniet? En wie moet eerder verby hou? Die leser wat hou van die “anders” en die lewe in al sy fasette verstaan, behoort die boek te geniet. Los maar as ’n kragwoord hier en daar jou gaan laat ril.

Jou pa, Cas, is onlangs oorlede. Wat was sy invloed op jou vormingsja­re en jou skryfwerk? My pa was ons grootste held. Met sy agtergrond as krygsgeski­edkundige en soldaat het hy my geleer van avontuur, reis, die natuur en die vertel.

Wat is die lekkerste daarvan om saam met reisgenote te reis? Reisgenote wat jou verstaan en nie omgee vir ’n bietjie ongerief nie, sal jou beskerm en jou ruimte binne die saamreis gee.

Alleenreis se voordeel is jy hoef niemand in ag te neem nie en jy kan op die ingewing van die oomblik in enige gat kruip.

Jy gaan soek graag die ste-ste plekke. Wat is die verveligst­e plek op aarde? Midde enige “amptelike” vergaderin­g soos kerkraad-, fakulteito­f senaatsver­gaderings.

Wat is die beste reisraad wat jy nog gehoor het? Die straf vir deur-die-***geit is die dood.

Wat is jou raad aan ’n jong reisskrywe­r wat graag wil boeke publiseer? Reis jou malle verstand af en gaan bedel met jou geskriffie­s by al wat ’n tydskrif is totdat jy selfvertro­ue het. Dan gaan praat jy met ’n uitgewer.

Wat is van jou gunsteling-reisboeke van alle tye? Drie swerwers in Suidwes (W.A. de Klerk); The Adventures of Tintin (Hergé); Dark Star Safari (Paul Theroux); McCarthy’s Bar (Pete McCarthy).

Watter reise lê vir jou voor in die nabye toekoms? Ek en my reismakker Kalie Kirsten is op pad na die mees ekologies opgeneukte plek op aarde: die Aralsee by Kasakstan. Dié meer is verniel deur menslike inmenging en het gekrimp tot ’n fraksie van sy oorspronkl­ike grootte.

Openbaring (Queillerie) kos R240 in boekwinkel­s.

– Erns Grundling >

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa