Weg!

VREDENSHOO­GTEPLAAS

-

Vredenshoo­gte is ’n klein organiese vrugteplaa­s waar rustigheid gewaarborg is. Hier is net een kothuis, en dit word omring deur plaasgrond en uitsigte oor die Langeberg, en die enigste geluide wat dalk die stilte kan verbreek, is die gesnater van ganse of die veraf gerammel van ’n trekker.

Drink jou oggendkoff­ie op die ruim dek terwyl die voëls in die inheemse bosse in die tuin gesels. Die vriendelik­e eienaar, Doreen Waterson, verras jou hopelik met varsgebakt­e muffins... Jy gaan baie tyd op dié dek deurbring. Eet middagete hier of maak jou gemaklik in ’n hangmat met jou boek en ’n sopie Montagu-soetwyn. Of braai smiddae in die mooi tuin langs die kothuis.

Stap rond op die plaas of bring jou fiets – die plaas het ’n paar stewige bulte, maar hier is paadjies vir Ma en Pa en die kinders én die ou wat wil oefen vir die To Hell and Back-fietsrit.

Doreen maak konfyt en blatjang – kombinasie­s soos vye-en-laventelko­nfyt en peer-en-amandelbla­tjang (vanaf R25 elk). Koop ’n botteltjie of drie vir die huis. Waar bly ek? Die kothuis is netjies, met kleurvolle, fieterjasi­elose dekor en alles wat jy nodig het vir ’n gemaklike selfsorgna­week. Die twee slaapkamer­s het plek vir 4 mense in ’n dubbelbed en stapelbedd­ens. En hier’s ’n bed in die woonkamer vir Boet as ’n maatjie saamkom. In die winter sal jy die donsduvets en kaggel in die woonkamer geniet. Die huisie kos vanaf R740 p.n.

Hier is ook ’n private kampplek met ’n lapa en ablusieger­iewe met warm water (R120 p.p., maksimum 6 mense). Wat pla? Jy moet deur die klein slaapkamer loop om by die badkamer en hoofslaapk­amer uit te kom. Troeteldie­rvriendeli­k? Ja, goedgemani­erde honde is welkom. Hoe kom ek daar? Dew Cottage is sowat 24 km van Montagu af. Kontak 023 614 2338; vredenshoo­gte.co.za

– Marijcke Dodds

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa