Weg!

KEISIE COTTAGES

-

Dis nie aldag dat jy op ’n appelliefi­eplaas oorslaap nie. Die Keisie- en Koovallei is só vrugbaar dat jy hier met bykans enigiets kan boer. Op die plaas Vredendal is appelliefi­esade geplant. Op pad na die ontvangska­ntoor ry jy deur dié boorde terwyl plaaswerke­rs met wit emmers die vruggies uit hulle blaarhuisi­e haal.

Drie klein kothuise staan digby mekaar naby een van dié boorde. Elke huisie het ’n klein kombuis en ’n sitkamer met ’n binnebraai. Buite op die stoep kan jy vuurmaak onder die blaredak van ’n vyeboom.

En los maar jou kruie en groente by die huis. Pauline Boucher, die bestuurder, het groen vingers, en gaste kan uit haar groentetui­n oes. Volg die bordjie van die gemeenskap­like swembad langs die kothuise af. Stap eers deur die laning roosbome. Pluk pikantriss­ies of tamaties vir ’n slaai, eiervrug en skorsies vir ’n potjie, of kruie soos roosmaryn en tiemie.

Hier ook ’n groot losstaande plaashuis. Hierdie omheinde huis het sy eie swembad, ’n groot grasperk en kuierstoep waar ’n groep vriende saam kan aansit vir aandete en ’n ronde Balderdash. Waar bly ek? Hier is 2 kothuise met slaapplek vir 2 mense: R600 p.n. Die derde kothuis het slaapplek vir 4 mense: R850 p.n. Gooseberry House, die ou plaashuis, het slaapplek vir 10 mense: R1 800 p.n. Wat pla? Behalwe vir Gooseberry House is die kothuise baie na aan mekaar. Troeteldie­rvriendeli­k? Vriendelik­e honde is welkom – dit kos R50 per hond vir die naweek. Hoe kom ek hier? Dis sowat 23 km van Montagu af. Kontak 023 100 0061; keisiecott­ages.co.za >

 ??  ?? 4 BOMME EN BLOMME. Duik in Keisie Cottages se swembad as die kwik begin styg, of wandel deur die roostuin reg langsaan (bo). Die gesinshuis – Gooseberry House – het sy eie swembad (onder).
4 BOMME EN BLOMME. Duik in Keisie Cottages se swembad as die kwik begin styg, of wandel deur die roostuin reg langsaan (bo). Die gesinshuis – Gooseberry House – het sy eie swembad (onder).
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa