Weg!

TREK HIER AF

1 SWENK WEG

-

Volg uitgang 107 (na HowickNoor­d en Tweedie) van die N3 af, draai links by die kruising op die R107 en regs by die T-aansluitin­g op die R103.

Sowat 3 km van die snelweg af het ’n belangrike stuk SuidAfrika­anse geskiedeni­s afgespeel: Dis presies hier langs die spoorlyn waar Nelson Mandela op 5 Augustus 1962 in hegtenis geneem is. Die Mandela Capture Site-gedenksent­rum is hier opgerig.

Teen die pad staan ’n stuk of 50 smal staalplate soos ’n klossie bome bymekaar. Van hierdie hoek af lyk dit nie na veel nie, maar van die ander kant af gesien, beeld hierdie kunswerk van Marco Cianfanell­i en Jeremy Rose Madiba se gesig uit.

Stap ’n draai deur die museum vol foto’s en vertelling­s uit Tata se lewe voordat jy die voetpad tot digby die gesig volg.

’n Groter museumkomp­leks met ’n amfiteater is in aanbou. Op die perseel is ook ’n winkel waar jy Madiba-aandenking­s en -boeke kan aanskaf, sowel as die Truth Café met ligte etes. Maar byt vas... Wanneer? Daagliks van 9 vm. tot 4 nm. (Naweke: 8 vm.-4 nm.) Kontak 071 834 4349;

thecapture­site.co.za Die pikswart geverfde Steampunk Café reg langs die Thokans-vulstasie (2,1 km verder) is jou volgende stop vir ’n koppie koffie. En nie enige koffie nie – hiervoor word die bone van oral uit Afrika ingevoer en dan op die perseel gerooster en gemaal.

Dít alles gebeur onder die valkoog van die broumeeste­r – ’n man met kraaghemp-en-das vir wie koffie ’n saak van erns is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa