Weg!

Namibië: Kaokoland en Etosha

- Datums Hoe lank is die toer? Van waar vertrek die toer? Eindpunt Koste

TOERINLIGT­ING

2-14 Junie 2017

13 dae; 12 aande Usakos, Namibië.

Etosha, Namibië R17 945 p.p. (30% ekstra vir enkelbespr­ekings)

DIE TOERPRYS SLUIT IN ’n Toerleier en veldgids Alle verblyf Alle parktariew­e Drie heerlike etes per dag Tweerigtin­gradio’s

WAARVOOR SORG EK? Kameratoer­usting ’n 4x4 Brandstof Drankies en snoepgoed DIE TOER IN ’N NEUTEDOP Dag 1: Spitzkoppe Ons ontmoet by Usakos van waar ons voortry Spitzkoppe toe waar die instrukteu­r ’n vinnige inleiding tot fotografie gee.

Dag 2: Kaap Kruis Voor ontbyt is daar fotogeleen­thede, en dan vertrek ons na die kus en verken Hentiesbaa­i en die Kaap Kruis met sy robbe.

Dae 3 en 4: Khowarib Ons ry verder noord langs die Skedelkus en neem ook in Damaraland foto’s. Ons bly twee aande by Khowarib en verken die omgewing.

Dae 5 en 6: Hoanibrivi­er Die volgende twee dae ry ons 4x4 in die Hoanibrivi­er en omgewing op soek na fotogeleen­thede van veral die woestynoli­fante.

Dae 7 en 8: Epupawater­val Vandag is ’n lang dag tot by die Epupawater­val waar ons weer twee nagte vertoef. Ons kan die waterval met sonsonderg­ang en -opkoms afneem en besoek ’n Himbastat.

Dae 9, 10, 11 & 12: Etosha (een nag by Olifantsru­s & drie nagte Halali) Ons kry kans om Etosha se diere af te neem.

Dag 13 Huis toe Ná ontbyt is dit ongelukkig huis toe – hopelik net tot ’n volgende keer. EK IS ’N AMATEUR... Dit maak nie saak of jy en jou mik-en-druk nog huiwerig is en of jy al gekonfyt is nie; dié fototoer kan jou vaardighed­e slyp. Ons sal jou leer oor komposisie, beligting en ’n hele paar fototruuks wys – langs die pad of gesellig om ’n kampvuur.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa