Weg!

Pofadder en die Pajero

-

Ná die blomseisoe­n keer mense altyd terug met allerlei reisstorie­s, en ek kan nie help om ook ons blommetoer van twee jaar gelede te onthou nie.

Sowat 15 km voor Pofadder het ons Pajero se enjin begin warm word. Gelukkig het ons water in die motor en met aanvulling­s uit krippe langs die pad haal ons Pofadder om 12.15 nm. op ’n Sondag. Die dorp is doodstil. By die Shell-motorhawe is Andrie van Niekerk, die eienaar, se nommer teen die deur opgeplak.

“Die ‘wêls plug’ tussen die enjin en ratkas het ’n gaatjie in, maar die goeie nuus is dat ek hom teen Dinsdagogg­end reg sal hê,” sê Andrie se seun, Andries.

My moed lê in my skoene – die hoteleiena­ar wat motors verhuur, is reeds met vakansie.

’n Wit dubbelkaju­it daag op en toe die vriendelik­e Joan Nieuwoudt hoor van ons penarie, bied sy hulle Ford Ka aan.

Die Ka word gelaai en na middagete by Joan se koffiehuis langs die motorhawe is ons weer op pad.

Dinsdagogg­end lui my foon. “Oom se Pajero is reg. Ek het sommer al die ‘wêls plugs’, en nog ’n pypie met erge korrosie vervang,” sê Andries.

Ek skakel Joan met die goeie nuus – sy vra dat ons die Ka sommer by die motorhawe los. Sowat 40 km voor Pofadder kry ons hulle langs die pad. Ons hou stil en groet. Joan wil niks weet van vergoeding nie en ek moet amper geweld gebruik om ’n paar note in haar sak te kry.

Die vriendelik­e mens-mense van Pofadder het ons besoek aan die Namakwalan­d en sy blomme gered!

WILLEM BOSCH, Bloemfonte­in >

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa