Weg!

My pa en sy

-

My pa, Div de Villiers (72), is al baie lank ’n Weg- intekenaar. My ouers woon in die Kokanje-aftreeoord in Modimolle. Nadat my pa die tydskrif gelees het, sit hy dit in die boks by die kantoor vir die ander inwoners om te lees.

Hy hou veral baie van die Ek en my Weg- foto’s wat soms op julle brieweblad verskyn.

My pa het beenmurgka­nker en was vir twee jaar kankerloos, maar ongelukkig het die kanker weer in Februarie teruggekom. Ons besluit toe om op vakansie te gaan terwyl hy nog kans sien.

Ons was op ’n bootvaart in die Middelland­se See, wat in Istanbul begin het. Hierdie foto is geneem voor die bekende Blou moskee. ANNEMARIE MINNIE, Boksburg

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa