Weg!

GOED OM TE WEET

-

Hier’s ’n oorspronkl­ike plan vir ’n Saterdagui­tstappie: Gaan maak ’n draai in Ceres – met die trein! Die Ceres-spoorwegma­atskappy het onlangs ’n retoerrit van Kaapstad tot op Ceres bekend gestel.

Die trein vertrek van die Royal Cape Yacht Club in Duncanweg in die Kaapse hawe en kom om 12 nm. in Ceres aan. Jy rol onder meer deur wingerde, koringland­e, olyfboorde en die mooi Michells- en Nuwekloofp­as.

Jy kan ’n buffetmidd­agete by die Ceres-gholflandg­oed eet (R150 p.p., koop vooraf ’n kaartjie) voor die trein om 2 nm. weer terug Kaapstad toe tjoekepaf.

Tee, koffie, muffins en ander peuselhapp­ies is op die trein te koop – bring kontant. Jy mag nie jou eie eetgoed bring nie. Wanneer? 29 Oktober, 12 November, 26 November, 10 Desember, 31 Desember Tyd Kaapstad-Ceres: 7.30 vm.; Ceres-Kaapstad 2 nm. Koste R400 p.p. eenrigting Koop kaartjies vir die treinrit en middagete by ceresrail.co.za Meer inligting 083 440 7868; bookings@ceresrail.co.za

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa