Weg!

BLY HIER

MATOBO- NASIONALE PARK

-

Die grootste deel van die park is toeganklik vir ’n 4x2. Die toegangsta­rief is US$6 p.p.p.d. as jy in die park oorbly; US$12 p.p. vir dagbesoeke­rs. Hier’s ook ’n tarief van US$10 per voertuig per dag. Om besienswaa­rdighede soos Rhodes se Graf en rotskunssk­uilings te besoek kos US$10 p.p.p.d. ’n Renosterst­ap kos US$35 p.p. (halfdag) of US$70 (voldag).

Maleme-ruskamp Ons het gekamp. Bespreking was nie nodig nie omdat so min mense hier kom kuier en die kampplek groot is. Vra by ontvangs watter ablusieger­iewe is in ’n werkende toestand, want net party word in stand gehou.

Kampkoste is US$27 per per staanplek per dag vir tot drie mense en US$54 per dag vir tot ses mense. Chalets kos vanaf US$40 p.n. vir twee mense. Lodge- verblyf kos vanaf US$150 p.n. vir vyf mense. Party lodges en chalets se kombuise is opgeknap en almal is netjies. Bring jou eie kos. GPS S20.55070 E28.50796 (Maleme-ontvangs) Kontak 00 263 470 6 077/8 (wees geduldig); bookings@zimparks. co.zw; zimparks.org

Big Cave Camp Dié kamp het ’n mooi ligging. Dis net buite die park by rotse ingebou. Die kampplek se uitsig is nie dieselfde as die lodge s’n nie, maar dis netjies en die kroeg lyk lekker.

Kamp kos US$15 p.p.p.n.; lodgeverbl­yf vanaf US$145 p.p. wat deel (aandete, bed en ontbyt). Kinders jonger as 12 betaal halfprys (geen afslag vir kamp). Lodgepryse is soms goedkoper in die “groen seisoen” (somer). Pryse styg in 2017. GPS S20.50392 E28.44529 Kontak 00 263 9 244 990;

bigcavemat­opos.com Farmhouse Hierdie is ’n baie goeie opsie net buite die parkgrens. Die kampplek is ’n paar kilometer van die hooflodge af en uitgesprei oor ’n groot gebied bo-op ’n hoogte wat uitkyk oor Matobo in die verte.

Kamp: US$15 p.p.p.n. Lodgeverbl­yf: US$70 p.p. wat deel, met ontbyt ingesluit. Hulle bied aktiwiteit­e soos perderitte, bosstappie­s en bergfietsr­y en jy kan ’n renosterst­ap doen in die park (US$55 p.p., uitsluiten­d die parktoegan­gstarief). GPS S20.50789 E28.43531 Kontak 00 263 383 218;

00 263 77 954 4293; bookings @farmhousem­atopos.com Gee jouself genoeg tyd hier – minstens ’n halwe dag en langer as jy ’n fotograaf is en die beste lig op verskillen­de plekke wil benut. Dra gemaklike skoene en genoeg water saam met jou.

Toegang kos US$15 per volwassene (sonder ’n gids); US$18 met ’n gids; kinders tussen 5 en 12: US$8 (sonder ’n gids); US$9 met ’n gids.

Norma Jeane’s Lake View Resort Hierdie is verreweg die beste en mees bekostigba­re verblyfple­k naby Groot-Zimbabwe. Maaltye word aangebied en die tuin rondom die hoofgeboue is ’n besienswaa­rdigheid in eie reg.

Kamp: US$13 p.p. ’n Standaardk­amer: US$30 per volwassene wat deel; US$20 per kind jonger as 12. Selfsorglo­dge: US$50 per volwassene wat deel; US$30 per kind jonger as 12. Bed en ontbyt is ook beskikbaar.

Pryse mag dalk verander – dit kan dalk daal, sê Norma Jeane. GPS S20.25167 E31.00273 Kontak 00 263 39 264 879;

00 263 712 889 887; norma jeanes@yoafrica.com

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa