Weg!

Proe wyn

-

Hier is 15 wynplase in die Hemelen-Aarde-vallei. Hamilton Russel en Bouchard Finlayson was twee van die eerstes en is bekend vir hulle wêreldgeha­lte chardonnay­s en pinot noirs.

Terloops, dié wingerde is eintlik redelik jonk – die eerste blokke is in 1976 aangeplant. Hermanus Wine Hoppers se oop voertuie stop elke halfuur op afgespreek­te plekke in die vallei. Koop ’n dagkaartji­e en klim op en af soos jy wil.

Kyk op die webblad vir vertrektye en koste: hermanuswi­nehoppers.co.za; 076 991 2498

Ons gunsteling-wynplase: • HAMILTON RUSSELL Dis die vallei se baanbreker­wynplaas: Hamilton Russell is in 1975 gestig en die eerste oes is in 1981 geprodusee­r. Dit is ook een van die suidelikst­e wynplase in Afrika. Die plaas se chardonnay en pinot noir wen pryse en hulle maak ook fynbosheun­ing en olyfolie. En hier word af en toe luiperds op die landgoed gesien! Maandag tot Vrydag: 9 vm.-5 nm.; Saterdag: 9 vm.-1 nm. Kontak 028 312 3595;

hamiltonru­ssellvinya­rds.com • ATARAXIA Die proelokaal is in ’n ou kerkie bo-op ’n heuwel met ’n uitsig oor die wingerde en berge. Maandag tot Vrydag: 9 vm.-4 nm.; Saterdag en openbare vakansieda­e: 10 vm.-5 nm. Kontak 028 212 2007;

ataraxiawi­nes.co.za • CREATION Hierdie wynplaas het ’n paar innoverend­e proe-opsies soos wyn-en-sjokolade (R105 p.p.); ’n nie-alkoholies­e proe vir dié wat moet bestuur, met allerhande teesoorte en southappie­s (R310 p.p. vir agt soorte tee); en ’n Kids Surprise met sap, gegeurde melk en gesonde eetgoed vir kinders van 5-12 jaar (R75 p.p.) Bespreking­s word aanbeveel. Daagliks van 11 vm.-4 nm. Kontak 028 212 1107;

creationwi­nes.com

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa