Weg!

Kuier by ’n plaaslike markie

-

Die Hermanuspi­etersfonte­in Food & Wine-markie se jolige atmosfeer en kerkbasaar­pryse lok mense van regoor die land. Wanneer laas het jy ’n R2pannekoe­k geëet?

“Ons kry mense wat al die pad van Kaapstad af kom vir die Thai-hoenderpas­teie,” sê Anika de Goede, Hermanuspi­etersfonte­in se puik skakelbeam­pte. “En vanoggend het ’n ou van Pretoria hier ingehardlo­op voordat ons oopgemaak het en gesê hy kan nie teruggaan Gauteng toe sonder sy perlemoen nie.”

Sit onder ’n sambreel en teug aan ’n glas plaaslike wyn, of snuffel deur die stalletjie­s en bestel ’n hoenderpas­tei (R25), ’n paar oesters (R15 elk) of ’n jaffel (R20). Jy kan ook gourmetkas­e, gerookte vleise, ontbytroll­etjies en smoothies koop. Waar? Wine Village, op die hoek van die R43 en die R320. Kontak 028 316 1875;

hpf1855.co.za/market Wanneer? Saterdae van 9 vm.-

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa