Weg!

Te perd oor die berg

-

Hier is ’n hele paar perdeplase in die vallei en baie bied ritte aan.

By Cloud’s End is die perde rustig en word die rit gelei deur Tanya Welman, wat meer as 20 jaar se ry-ervaring het. Die paadjie kronkel deur wingerde op tot in die berg waarvandaa­n jy ’n mooi uitsig oor die vallei kry. Langer ritte kan gereël word, ook ’n stop by ’n waterval. Beginners en ervare ryers is welkom. Waar? Die Cloud’s End-plaas is 12 km van die R43 af. Koste Vanaf R300 p.p. vir ’n 90 minute-rit (betaal slegs met kontant of elektronie­se oorplasing­s). Kontak 079 627 8182;

stayclouds­end.co.za

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa