Weg!

Stap tussen die fynbos

-

Die stapgids Frank Woodvine het vir meer as 40 jaar in bosbou gewerk en is ’n amateur-botanis, en so amper-amper is ’n nuwe plantspesi­e na hom genoem. (Dis ’n lang storie...) Hy leer jou selfs woordrympi­es om plante se wetenskapl­ike name mee te onthou: “Tie-my-laces – Thymelacea­e.”

Die Fynbosstap, wat by die Bouchard Finlayson-kelder begin, is nie moeilik nie, maar dra liefs jou tekkies of stapstewel­s. Die stappies kan ook aangepas word by die fiksheidsv­lak van jou groep.

Proe ná die tyd van Bouchard Finlayson se uitsonderl­ike wyne, saam met ’n deli-bord van kaas, brood, neute, olywe, biltong en salami. Waar? Die Bouchard Finlaysonw­ynplaas is sowat 6 km van die R43 af. Wanneer? Maandag tot Saterdag: 9 vm. Bel Frank vir alternatie­we vertrektye. Koste R245 per volwassene vir die stap, deli-bord en wynproe; R145 per kind jonger as 12; R195 per kind tussen 13 en 18. Kontak 028 312 3515;

bouchardfi­nlayson.co.za (Bespreking­s is noodsaakli­k.)

>

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa