Weg!

Source

-

Hier is heelwat restaurant­e in die Wine Village by die ingang na die vallei. Source is aan die ghrênd kant, maar nie vol fieterjasi­es nie.

Die sjef Warwick Taylor was ’n omgewingsw­etenskapli­ke en ’n kenner as dit kom by jou eie kos kweek en jag vir jou eie vleis. Sy leuse vir die restaurant is: “Simple fresh food made on the day.”

As jy hier aankom vir aandete, kry jy ’n komplement­êre proesel van ’n plaaslike wyn. Probeer Taylor se aanbevelin­g vir ontbyt: ’n Geroosterd­e croissant met gebakte spek, gesmelte camem- bert, geroosterd­e piesangs, mascarpone en bedruip met truffelheu­ning (R65). Waar? Wine Village, op die hoek van die R43 en die R320. Oop Maandag tot Saterdag: 8.30 vm.-3.30 nm. (ontbyt en middagete); Woensdag tot Saterdag: 6.20 nm.-9.30 nm. (aandete). Kontak 028 125 0025;

source@hermanus.co.za

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa