Weg!

Glen Oakes

-

Dié plaas het twee huisies en kampplek. Die Stone Cottage is ’n eenvoudige selfsorghu­isie met ’n swembad in die tuin wat soos ’n klein dam lyk. Hier is twee dubbelkame­rs en stapelbedd­ens in die leefvertre­k – slaapplek vir agt mense. Hier is nie elektrisit­eit nie, maar ’n gasyskas en -geiser.

Die Wood Cabin het slaapplek vir vier mense in een slaapkamer en op stapelbedd­ens in die leefvertre­k. Die houthuisie staan in ’n populierbo­s en die voëllewe is goed bedrywig.

Die kampterrei­n het plek vir tot 30 mense. Hier’s heelwat skaduwee en dis net ’n kort stappie tot by die plaasdam waar jy kan swem en baars vang. Geriewe sluit in warm storte, spoeltoile­tte en ’n lapa met braaiplekk­e. Waar? Die grondpad na Tesselaars­dal is 23 km van die R43 af. Glen Oakes is 8 km verder op die pad. Volg die bordjies. Koste Stone Cottage en Wood Cabin: vanaf R700 p.n. vir die eerste twee mense; plus R200 vir elke volwassene wat bykom en R150 per kind jonger as 12. Kampplek: vanaf R500 p.n. vir die eerste vyf mense; vanaf R80 per volwassene en R60 per kind jonger as 12 vir meer as ses mense. Kontak 028 212 2050;

glenoakes.co.za

DIE UITSIG VAN GLEN OAKES SE STONE COTTAGE AF

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa