Weg!

MOSAMBIEK EN ZIMBABWE

-

Van die meer af kronkel ons met ’n bergpas op tot in die dorp Dedza op die grens met Mosambiek. Vanweë die politieke moeilikhei­d in die noorde sien ek daarteen op om Mosambiek binne te gaan. Maar my vrese is ongegrond: Ons glip deur die grens en die teerpad tot in Tete loop soos stroop, met uitsigte oor woude en granietkop­pies.

Ná ’n gemaklike nag by die Park Inn (pizza vir aandete!), val ons weer in die pad tot by Nyampanda op die grens met Zimbabwe. Die kilometer lange Tetebrug oor die Zambesi is iets om te aanskou, en die grenskruis­ing tot in Zimbabwe – nog een waaroor ek wakker gelê het – verloop glad.

Maar in Zimbabwe word ons gereeld gestop en beboet. Die 11de beheerpunt is die laaste strooi: Ons het glo ’n “gevaarlike vrag” op ons dakrak en word aangesê om ’n boete van US$20 te betaal en ’n vragnet in Harare te koop. Gmf!

Ons ry met ’n agterpad via Gutu van Harare

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa