Weg!

ALTA OOSTHUIZEN

-

Canon EOS 7D Canon 17-40 mm-lens

TOAST SÊ: ’n Goeie landskapfo­to het ’n gevoel van drama en Alta s’n het hope hiervan. Dis geneem by Giant’s Castle in KwaZulu-Natal. Die hoë berge in die agtergrond is ’n goeie begin, maar dis die donker wolke wat die foto woema gee.

Alta het teen ISO 100 geskiet, wat gesorg het vir ’n helder foto sonder kolle wat te greinerig voorkom (wat soms gebeur wanneer jy jou ISO hoër opskuif na byvoorbeel­d 800). Haar sluiterspo­ed was stadig: 1/20ste van ’n sekonde. Dit het gehelp dat haar lensopenin­g redelik klein kon wees (f11), wat weer sorg vir die goeie fokusdiept­e. Goeie fokusdiept­e beteken dat die grootste deel van Alta se landskap – van die gras hier voor tot die kranse doer ver – in fokus sal wees.

Maar waarom só ’n stadige sluiterspo­ed kies? As jy ’n driepoot gebruik, kan jy hiermee wegkom én jou foto ’n ekstra tikkie gevoelswaa­rde gee. Kyk fyn: Die blare van die wabome in die voorgrond is plek-plek effens uit fokus. Dié bewegings- blur verlos die foto uit sy andersins statiese posisie.

Die kyker kry nou ’n idee van die wind wat waai, die veranderen­de weer – daardie byna elektriese gevoel in die atmosfeer wanneer ’n storm in die Drakensber­g opbou.

Goeie werk, Alta, ek hoop jy was terug by die motor voordat die reën jou gevang het. >

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa