Weg!

RIAAN BEEKMAN

-

Canon EOS 5D Mk. II Canon 100-400 mm-lens

TOAST SÊ: Hiert, waar’s die see? Daar’s ’n paar plekke aan die kus van Mosambiek met breë getysones – hierdie is by Vilankulos geneem.

Hierdie toneel toon ’n hand vol klassieke eienskappe wat saam vir ’n goeie landskapfo­to sorg. Ons goeie ou vriend, die reël van derdes, is sterk aan die roer. Kyk hoe die bootjies deur die onderste derde van die foto gestrooi lê.

Riaan het ’n lensopenin­g van f16 gebruik, wat gehelp het dat die fokusdiept­e baie groot is. Met ander woorde, als van die voorste bootjie tot die glinsteren­de see doer ver is in fokus.

Party ouens sal sê hier gebeur niks in die boonste twee derdes van die foto nie. Maar hierdie is ’n foto met subtiele trefkrag. Die sagte kleure, delikate teksture en lyne van die stroke water en sand swaai ’n towerstaf wat jou laat kyk en kýk.

Dis ’n foto wat ook goed sou werk in swart-wit, maar die kleur van die bootjies sorg vir ’n ekstra kwashaal uitbundigh­eid wat moontlik in ’n swart-wit foto sou verdwyn het. een lus voel vir hoesit sê.

Om voëls in vlug af te neem moet jou sluiterspo­ed vinnig wees om bewegings- blur te voorkom. Heinrich s’n was 1/5 000ste van ’n sekonde, wat moontlik gemaak is deur ’n hoër ISO van 640. Onthou, wanneer jy jou sluiterspo­ed so vinnig as moontlik wil maak, help dit altyd om jou ISO op te skuif. ’n Hoër ISO maak jou kamera se sensor meer sensitief vir lig – met ander woorde, dit kan ’n vinniger sluiterspo­ed beter hanteer. Dis nie nodig om oorboord te gaan nie, maar skuif gerus op van ISO 100 na 800 en kyk wat die verskil is in moontlike sluiterspo­ed.

Heinrich se komposisie is klassiek vir hierdie soort foto: Die kop van die voël wat na jou toe aankom en die vlerke wat van een kant van die raam na die ander strek. (Dit is goed om jou raam byna van hoek tot kant vol te maak.) Omdat die baardaasvo­ël hier byna “regop” staan, werk die portretfor­maat, want nou pas dit lekker in die raam. Sou die voël “plat,” oftewel horisontaa­l, na Heinrich aangevlieg gekom het, sou die landskapfo­rmaat natuurlik beter gewees het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa