Weg!

DALEEN POHL

-

Canon EOS 1D Mk. IV Canon 400 mm-lens

TOAST SÊ: Hierdie dapper kremetartb­oompie staan in die middel van die Ruacana-waterval in die Kunenerivi­er, die grens tussen Namibië en Angola.

Daleen se foto goël op ’n goeie manier met jou oë. Die grafiese witswart strepe van die water en rotse skep die gevoel van sebrastrep­e. Dié strepe strek diagonaal deur die raam, en skep ’n agtergrond en struktuur waarteen ander voorwerpe kan uitstaan wanneer hulle dié patroon breek. Die slim fotograaf soek presies die regte voorwerp uit. Hier’s heelwat groen bome in die foto, wat elkeen op ’n manier uitstaan teen die streepmoti­ef.

Maar die kremetart vertoon duidelik die beste. Die stam van die boom se kiertsrego­p lyn sny direk dwars oor die 45º-lyne van die water en rotse. Dis soos ’n paal wat daar geplant is en jou aandag trek.

Dié boom vertel ook ’n storie: van oorlewing teen ’n groot oormag – die stortvloed van water wat dit daagliks moet trotseer. Met haar zoemlens kon Daleen hierdie klein drama uitlig. >

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa