Weg!

CINDY BESTER

-

Nikon D5100 Nikon 18-55 mm-lens

TOAST SÊ: Hier is iets anders. Cindy se foto staan dadelik uit – ’n mens kan sien sy het nagedink voordat sy die foto geneem het. Selfs met die eenvoudigs­te kamera kan enigiemand wat ’n bietjie kreatiwite­it aan die dag lê, ’n foto neem wat jou twee keer laat kyk.

Hierdie foto van ’n perdeblom – soos gesien deur die krul van ’n palmblaar – maak gebruik van ’n paar eenvoudige truuks om iets uit skynbaar niks te maak. Die sirkel wat die blaar vorm, is die perfekte raam waarbinne enigiets – hier is dit die perdeblom, maar dit kon byvoorbeel­d ook ’n kind se gesig gewees het – beter gaan vertoon. Die lyne aan die binnekant van die blaar lei ook jou oog na waar die blommetjie staan.

Cindy se tweede truuk was om dinge eenvoudig te hou. Die agtergrond (dit lyk soos ’n bruin muur) trek nie jou aandag af nie, want daar’s niks ekstra te siene nie. Dis presies dit: ’n agtergrond. Nou kan die – vaal – perdeblomm­etjie se struktuur mooi gesien word.

Puik foto, Cindy!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa